Weg!

VIR VEELDAGSTA­PPE

’n Swaar rugsak, tegniese terrein, lang ure op jou voete – hiervoor het jy beslis stewels nodig.

-

1 Hi-Tec Altitude V Ultra

’n Artikel oor stapskoene is nie volledig sonder om hierdie staatmaker­s te noem nie. Dis ’n gewilde skoen onder stappers. Die boonste leerdeel sal nooit uit die mode raak nie, en ook nie die ontwerp nie.

Die nuutste Ultra-weergawe is waterbesta­nd, met ’n OrthoLiteb­innesool wat gemaak is van slow recovery foam: dit beteken die skoen behou jou voetvorm vir langer (lees: gemaklik). Daarby het dit ’n taai rubberbuit­esool.

Hiervoor betaal jy nie ’n plaas se prys nie. Dis nie die ligste stewels wat jy al teëgekom het nie en hulle kan warm raak in die somer, maar hulle hou Suid-Afrikaners al jare lank gelukkig.

Vanaf R1 700 by hi-tec.co.za (beskikbaar vir mans en vroue)

2 K-Way Kilimanjar­o 16

Dié stewel is die meer geharde neef van die Hi-Tec Altitude, en spesifiek ontwerp om Afrika se hoogste berg te klim. Net soos die Altitude het dit ’n boonste deel van leer en ’n OrthoLite-binnesool, maar dis hoër gesny vir beter enkelonder­steuning en ’n Vibramsool vir duursaamhe­id en goeie vastrap. Die Altitude het ’n nylonskag en die Kili het ’n staalskag vir ekstra stabilitei­t. Hulle is ook waterbesta­nd.

R2 000 by Cape Union Mart (beskikbaar vir mans en vroue)

3 Hi-Tec Trail Ox Winter 200

Is jy een van daai waaghalsig­es wat die Drakensber­g Grand Traverse in die winter aanpak? Of dalk gaan jy in die Alpe ski en sommer ook ’n bietjie in die berg rondstap? Dalk is jou bloed reptielkou­d en sterrekyk in Sutherland is ’n uitdaging.

Kry dan Hi-Tec se winterstew­el: die Trail Ox. Met die hooggesnyd­e enkel, die goeie beskerming, waterbesta­ndheid en Thinsulate-voering sal jou voete voel asof hulle in ’n sagte bersie gedraai is. Die buitesool is Michelin-rubber (wat waarskynli­k so goed is soos Vibram) en die tong het insetsels om te keer dat vuiligheid inkom.

R2 200 by hi-tec.co.za (beskikbaar net vir mans)

4 Salomon X Ultra 3 Mid GTX Boot

Tradisione­le leerstapst­ewels is gewoonlik vir veeldagsta­ptogte, maar dié nommers het ’n lojale aanhang. Dit vat gewoonlik gou om hulle in te stap, en hulle is effe ligter en sommige mense beweer dit voel stewiger. Dis te danke aan Salomon se veldlooptr­adisie: As jy vinnig beweeg, moet jou voete beskerm wees en jy moet ook die terrein onder jou voete voel om jou stapstyl aan te pas.

Die buitesool is Salomon se Contagrip – dit beteken die sool bevat verskillen­de soorte rubber op verskillen­de dele en die boonste deel het ’n Gore-Tex-voering om deur strome te waad.

R3 000 by Cape Union Mart (geskik vir mans en vroue)

"Ek is al op my tweede paar Hi-Tec Altitude-leerstapst­ewels – hulle is regte werkesels. Ek het verlede jaar die Naukluft-staproete in Namibië gaan stap, en afgesien van die ruwe terrein in die algemeen, het ons ook gereeld oor geërodeerd­e rotsbanke gestap waar wind en water lemmetjies­kerp riffels in die klip agtergelaa­t het. Ek was toe veral dankbaar vir my stewels se harde, dik rubbersole! Die stewel se hoë kraag gee ordentlike ondersteun­ing vir die skeeftraps­lag en het my al (glo ek!) teen menige verswikte enkel beskerm.

"My huidige paar is seker al ’n goeie vyf jaar in gebruik, en daarom is die leer veral oor die toon al afgeskaaf. Dit het sekerlik ’n impak op die stewels se waterdigth­eid, maar ek behandel hulle voor elke groot staptog met Storm se waterweren­de sproei – vir wat dit werd is. Tot dusver het my voete en sokkies nog altyd op staproetes deur nat gras of ligte motreën binne-in die stewels droog gebly.

"Ek glo in goeie voetvoorso­rg en smeer soggens my voete met ’n leksel Vaseline in voordat ek eers ’n dun sykous en dan ’n dik wolsokkie aantrek. Deur die loop van die dag sal ek my voete nog ’n keer of twee só versorg.

"Op die Naukluft het ek wel agtergekom dat die stewels nou begin “hard” loop, maar dis hoog tyd dat ek ’n slag die binnesole vervang. Daarna sal hulle sweerlik nóg vyf jaar hou!"

 ??  ?? RAAD VAN ’N KENNER
Sophia van Taak Sophia is een van Weg se joernalist­e en het verlede jaar die 120 km lange Naukluft-staproete in Namibië aangepak.
RAAD VAN ’N KENNER Sophia van Taak Sophia is een van Weg se joernalist­e en het verlede jaar die 120 km lange Naukluft-staproete in Namibië aangepak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa