Weg!

Leer neem voorbladfo­to’s

Weg se vorige Sutherland-fotoslypsk­ool het blitsvinni­g uitverkoop – toe reël ons nog een!

-

Dit maak nie saak of jy jou vakansie-fotoalbums nuwe skop wil gee of jou Facebook-vriende jaloers wil maak op jou foto’s nie – kom sluit aan by ons voormalige fotoredakt­eur Sam Reinders en joernalis Sophia van Taak op die Blesfontei­nplaas net buite Sutherland vir ’n (koue!) naweek vol fotografie én pret! Met ons praktiese kursus en uitgebreid­e notas, en met die Karoo (en Blesfontei­n se eiesoortig­e versamelin­g troeteldie­re) as ons doek, kyk ons na die basiese beginsels van komposisie, beligting, raming en lig. Kom met ’n miken-druk of ’n SLR-kamera – enigeen sal werk! Ons hou die groep klein (daar is net 9 huisies). Dit beteken dat ons jou stap vir stap kan help om jou kamera beter te leer ken en saam met jou deur al sy knoppies en wieletjies kan praat.

WANNEER?

HOEVEEL?

Die fotoslypsk­ool kos R3 650 p.p., alles ingesluit (verblyf, ontbyt, middag- en aandete, die kursus én notas). Nie-deelnemend­e reisgenote is welkom teen R2 650. Hulle kan saam aansit vir aandetes en enige uitstappie­s op die plaas. (Jy móét hier die uitkykpunt oor die Tankwa sien…)

EK WIL INSKRYF.

ENIGE VRAE?

31 Augustus – 2 September 2018 Hoe bespreek ek? Bel Donvé Myburg by 021 443 9830 of stuur ’n e-pos na donve. myburgh@media24.com (Het ons al genoem hoe vinnig die vorige een volbespree­k was?) Stuur vir Sam Reinders ’n e-pos; samreinder­s@ gmail.com

 ??  ?? SAM REINDERS
SAM REINDERS
 ??  ?? PAUL VAN ZYL
PAUL VAN ZYL
 ??  ?? EVELYN ERASMUS
EVELYN ERASMUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa