Weg!

Ver oor die waters

Suid-Afrikaners is gaande oor die Krugerwild­tuin en die duine van Namibië. Maar dis ook goed om elke paar jaar vlerke te sprei om ook die wyer wêreld te verken. Hier is ’n paar gunsteling­plekke in die buiteland.

-

3 bestemming­s vir stappers

MACHU PICCHU Die Inka-wandelpad in Peru, wat jou na die antieke stad bo die Urubamba-rivier neem, is die gewildste wandelroet­e in Suid-Amerika en word as een van die topvyf staproetes in die wêreld beskou.

Sedert 2001 mag jy egter nie meer die roete onbegeleid stap nie, wat jou dwing om deur die duurderige agentskapp­e te bespreek. Die roete strek oor 43 km en word gewoonlik oor 4 dae gestap, maar jy kan ook net ’n deel van die roete loop. Begroot op sowat $600 per persoon vir die vier dae. Die beste tyd om te gaan: Tussen April en Oktober.

HADRIAN’S WALL : As die blote gedagte aan Everest of Kilimandja­ro jou maag op ’n knop laat trek, oorweeg ’n makliker roete, soos Hadrian’s Wall in Engeland. Die muur van sowat 135 km dateer uit die Romeinse era (122 na Christus) en loop van Bownesson-Solway (wes) tot by Wallsend by Segedunum (oos).

Verskeie maatskappy­e bied slentersta­popsies (waar hulle jou sak na die volgende dorp vervoer). Jy kan die

hele roete loop (gewoonlik 9 nagte) of enige deel daarvan en pryse begin by net oor die R3 000. Once Brewed is na ’n goeie oornagdorp vir bierliefhe­bbers. Beste tyd om te gaan: April tot September.

DIE CAMINO Toegegee, ons is ’n bietjie Caminobeto­tteld, maar as jy eers daar was, sal jy die goggabyt-ding verstaan. Die Spaanse Camino volg verskeie roetes tot by die katedraal in Santiago de Compostela, waar die dissipel Jakobus volgens oorlewerin­g begrawe is. Pelgrims loop reeds byna ’n duisend jaar lank dié roetes.

Dis ’n baie spesiale ervaring wat jou die geleenthei­d bied om interessan­te mense te ontmoet en plekke te sien. Groot pluspunt: Dis een van die bekostigba­arste maniere om ’n deel van Europa te sien. Weg bied sy eie Camino-toere aan, wat rondom R19 000 vir 11 dae is, maar jy kan ook jou eie ding doen en enige deel van die roete stap. Beste tyd om te gaan: April tot September.

3 lekker bestemming­s vir fotografie-entoesiast­e

YSLAND Sneeu wat meters dik lê, strande met swart lawasand, gletsers, bevrore watervalle en geisers wat elke paar minute skouspelag­tig ontplof. Sit jou kamera op ’n driepoot en skakel dit oor na “bulb-mode”, en kyk hoe die Noorderlig­te op ’n helder aand dans. Dis onbeskryfl­ik. Beste tyd om te gaan: November tot Februarie as jy die Noorderlig­te wil sien.

DIE ITALIAANSE “DRIE SUSTERS” Besoek Rome, Florence en Venesië, en ry tussen die stede met die sneltrein (bespreek by Trenitalia). Los dae oop sodat jy van Florence af op daguitstap­pies na Toskane kan gaan, soos Siëna. Beste tyd om te gaan: Die spitsseiso­en is Junie en Julie. Mik vir April/Mei, of September/Oktober.

DIE BRITSE PLATTELAND Die Romeinse baddens by Bath, die klippilare van Stonehenge en die Shakesperi­aanse geboue by Stratford-uponAvon is almal binne maklike bereik van Londen af. Huur ’n motor en ry tot by Land’s End in die suide, eet skons met clotted cream by Penzance en kyk die branderpla­nkryers by Newquay. Die Europese somer is waarskynli­k die beste tyd, maar ons was daar in die winter en het dit baie geniet.

3 bestemming­s vir mense wat dink dis te duur om oorsee te gaan

KROASIË As jy ook graag in ’n ommuurde Middeleeus­e stad wil slaap, ’n Romeinse amfiteater wil besoek of met ’n drankie op ’n stadsplein wil sit, maar nie Italië kan bekostig nie, mik Kroasië toe.

Dis merkbaar goedkoper as elders in Europa. ’n Veerbootri­t van 3 uur neem jou van Venesië af tot by Rovinj. Pula het ’n mooi Romeinse amfiteater en as jou kinders Game of Thrones kyk, sal hulle graag Dubrovnik wil sien. Beste tyd om te gaan: April/ Mei, en September/Oktober. In Augustus maak die meeste toeriste-ondernemin­gs toe om asem te skep na die besige spitsseiso­en (Junie/Julie).

GRIEKELAND Die Griekse eilande is steeds ’n sakpas-ervaring en ’n vakansie wat die hele gesin sal geniet. ’n Weg- wenk: Die eilande is álmal mooi, skop vas teen die versoeking om ses of sewe in een vakansie te wil besoek. Bly liewer langer op een plek. Santorini is gewild en het meer as een mooi swemstrand, maar ons was dol oor Patmos. Abbaliefhe­bbers sal verlief raak op Skopelos (waar die fliek Mamma Mia geskiet is), en sy pragtige suster, Skiathos. Maart tot Oktober is die beste tyd.

BOEDAPEST Die hoofstad van Hongarye is so ’n bietjie soos ’n boyfriend met ’n stoppelbaa­rd. Dis minder grênd as Parys of Londen, maar erg mooi! Boedapest het verskeie spa-oorde met warm baddens en pragtige argitektuu­r. Beste tyd om te gaan: Die hele jaar.

3 bestemming­s as jy net een week van die huis af wil wees

NEW YORK SAL het ’n direkte vlug tussen die O.R. Tambo-lughawe in Johannesbu­rg, en J.F. Kennedy-lughawe in New York. Begin jou dag deur die koerant te lees in Central Park en woon saans uitvoering­s op Broadway by. Beste tyd om te gaan: Daar is geen slegte tyd om in New York te wees nie. Besoek die High Line (’n park wat op ’n oorhoofse treinspoor aangelê is) en ry met die kabelkarre­tjie na Roosevelt Island.

AMSTERDAM Jy kan direk uit Kaapstad en Johannesbu­rg na Amsterdam vlieg en sal tuis voel as jy Afrikaans kan praat. Die Rijks- en Van Goghmuseum is van die beste in die wêreld. Eet poffer-

tjies en pannekoek saam met jou “koffie verkeerd” (koffie met melk). Beste tyd: Jy kan enige tyd van die jaar gaan, maar April en Mei is die beste as jy die tulpe wil sien. In Desember kan jy op die plein voor die Rijksmuseu­m skaats.

PARYS Die Franse hoofstad is dalk die grootste cliché in die boek, maar daar is ’n rede hoekom mense soontoe stroom. As die Louvre, Versailles en Eiffeltori­ng jou nie besig genoeg hou nie, kan jy daguitstap­pies na die Champagne Valley onderneem. As jy met kinders reis, is Euro Disney (net buite Parys) die moeite werd. Moenie dadelik besluit Parys is te duur nie, hou jou oë oop vir ’n pakket wat ’n vliegkaart­jie en hotelverbl­yf insluit.

 ??  ?? Ysland
Ysland
 ??  ?? Camino de Santiago
Camino de Santiago
 ??  ?? Roman Baths, Bath
Roman Baths, Bath
 ??  ?? St. Petersplei­n, Rome
St. Petersplei­n, Rome
 ??  ?? Machu Picchu, Peru
Machu Picchu, Peru
 ??  ?? Hadrian’s Wall, Engeland
Hadrian’s Wall, Engeland
 ??  ?? Times Square, New York
Times Square, New York
 ??  ?? Santorini, Griekse eilande
Santorini, Griekse eilande
 ??  ?? Boedapest
Boedapest
 ??  ?? Kroasië
Kroasië
 ??  ??
 ??  ?? Amsterdam
Eiffeltori­ng, Parys
Amsterdam Eiffeltori­ng, Parys

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa