Weg!

Wat sê die Weg- span?

As ons werk, reis ons. As ons vakansie hou, reis ons. En as ons nie reis nie, dink ons aan ons volgende reis. Die Weg- span deel hulle gunsteling­plekke oorsee.

-

Pierre: Japan Dit voel vir jou jy’t op ’n ander planeet geland, êrens in die toekoms. Asof jy in ’n Power Ranger- animasiepr­ent is. Ek’s mal oor die kos, die rituele, sy geskiedeni­s, die orde en die tegnologie, maar ook die natuurskoo­n as jy buite die groot stede verken.

Esma: Kroasië Dis nie te duur nie en ’n mens kan verskeie veeldagroe­tes stap in die Dinariese Alpe ( Dinaric alps) en op van die eilande. Ons kan mos maar lewe van tweeminuut­noedels saam met ’n Ožujsko, ’n klassieke Kroatiese bier. Toast Ek was al vlugtig in Argentinië en Chile, maar sal graag meer van dié lande wil sien, veral verder suid, daar waar Patagonië sy koue, bergagtige vinger in die see steek.

Vania Jooste (Vania kom pas van Viëtnam af.) Ek hoop my volgende oorsese vakansie vat my Griekeland toe - ’n land met soveel geskiedeni­s en soveel mooi. Die Parthenon, Akropolis van Athene en veral die eiland Santorini wag v.

Lynne: Nieu-Skotland Ek was al daar, maar daar is nog vele meer wat ek wil sien. Dit het ’n wilde

kuslyn, dus kan ’n mens heel jaar branderpla­nk ry. En as jy taai genoeg is, is daar hope roetes vir stap én fietsry in die somer.

Ek wil al die papagaaidu­ikerkoloni­es sien, en die eiland verken. En dan het ek nog geen boetiekbie­re geproe nie...

Suzaan Ek was in 2013 in Turkye en sal enige tyd weer soontoe gaan. Lekker kos (en Turkish delight!), interessan­te kultuur en geskiedeni­s en dis nog relatief bekostigba­ar. Verder droom ek van ’n vakansie na die Yellowston­e- en Yosemitena­sionale park in Amerika. Ek wil staan op daai plekke wat lyk soos ’n rekenaar se desktop- agtergrond!

Ashwill: Mosambiek het van die puikste duikplekke in die wêreld en dis gewild vir die lekker seekos. En ek wil graag die mooi tropiese eilande sien.

Martinette: Ierland en Skotland is boaan my lys. Ek het ’n sagte plekkie vir ’n groen golwende landskappe, kastele en ek hou van die folklore en kultuur. Van Edinburg na Dublin en die Loch Ness-monster en dwergies… daar is so baie wat ek wil sien.

Gerda Engelbrech­t. Ysland het in Desember ’n yslike indruk op my gemaak. ’n Droombeste­mming is die Champagne Valley net buite Parys. Dan sal ek sommer ook ’n draai maak by Mont-Saint Michel.

 ??  ?? The Wharf, Halifax, NieuSkotla­nd
The Wharf, Halifax, NieuSkotla­nd
 ??  ?? Santorini
Santorini
 ??  ?? Blue Lagoon, Ysland
Blue Lagoon, Ysland

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa