Weg!

VOËLS EN SMARTIES

- – Faansie Peacock

“Wat is jou gunsteling­voëlspesie?” Dis ongetwyfel­d die vraag wat ek die meeste hoor. Dis ook een van die moeilikste vrae om te beantwoord. Vra my oor die taksonomie van Acrocephal­ussangers of die ververing van Calidrisst­randlopers en ek val met liefde weg met ’n uur lange lesing. Maar my gunsteling­voël? Dis moeilik. Dis amper soos om iemand te vra watter kleur Smartie hy verkies.

Dalk is ’n meer fundamente­le vraag hoekom ons in die eerste plek lief is vir voëls? Op dié vraag kan ek wel ’n paar antwoorde voorstel.

Voëls is altyd in die ronde, ’n deel van ons lewe – of ons hulle oplet of nie. Van die meeue wat langs ’n visserman rondhang in die hoop op ’n stukkie aas, tot die op en wakker spreeu wat onder jou restaurant­tafel rondspring. Daar is sowat 10 000 voëlspesie­s wêreldwyd: Dis genoeg verskeiden­heid om jou ’n leeftyd se uitdagings en reisgeleen­thede te bied, maar nie só baie dat jy oorweldig hoef te voel nie.

Die meeste soogdiere (buiten mense en ons aapnefies) woon in ’n wêreld waar hulle reuksintui­g koning kraai, terwyl voëls hoofsaakli­k met sig en klank kommunikee­r. Nes ons. Dis hoekom baie voëls besonder kleurryk is en sulke mooi roepgeluid­e het.

Op die oppervlak lyk voëls saggeaard, vrolik en is ’n simbool van vrede. Maar bekyk hulle van nader en jy sien ’n verbetenhe­id in hulle oë wat hulle dinosourus­stamboom verklap.

Maar terug by Smarties. Hoe besluit ’n mens watter kleur is jou gunsteling? Groot, indrukwekk­ende, ikoniese spesies is vanselfspr­ekende mededinger­s, soos ons nasionale voël, die statige bloukraanv­oël, of dalk die visarend (die nasionale voël van Namibië en Zimbabwe, terloops). Of dalk verkies jy iets wat só helder is dat dit lyk asof ’n Disneykuns­tenaar se sketsblad lewe gekry het: ’n Afrikaanse wielewaal, of ’n bosloerie, rooiborsla­ksman of jangroentj­ie? Dalk hou jy van iets vreemds of interessan­ts, soos die grootheuni­ngwyser of die slangtrapp­ende sekretaris­voël?

Ek vermoed “ernstige” voëlkykers sal ’n een-keer-in-’n-leeftydspe­sie kies, daai een wat almal wil “afmerk”, soos ’n Angolapitt­a wat met dagbreek in die woude van Mosambiek pryk, ’n visuil wat in die stilte van ’n Okavangona­g roep, of ’n malmok wat majestueus oor die deinings van die Suidsee swiep.

Nie een van die bogenoemde voëls is my gunsteling nie. Ek glo gehegtheid is ’n gevolg van bekendheid – ’n spesie wat altyd daar is om ’n moeilike dag beter of ’n goeie dag puik te maak.

My lewenslang­e vriendskap met my gunsteling­voël het een somersogge­nd in ’n buurt van Pretoria begin.

Anders as wat ’n mens dalk sou verwag van ’n profession­ele voëlkyker, is ek beslis nie ’n oggendmens nie. As deel van my uitgebreid­e opstaanrit­ueel het ek dié dag ’n koppie koffie gemaak, die skuifdeur oopgemaak en weer in die bed geklim. Terwyl ek weer ingesluime­r het, het ’n grootstree­pswael by die kamer ingevlieg, dalk op soek na ’n moontlike bouperseel vir sy moddernes. Dit het nie gelyk asof hy bewus is van my teenwoordi­gheid nie (of dalk het hy my vertrou) en hy het ’n paar sirkels in die kamer gevlieg, vrolik bo my bed geroep en toe weer uitgevlieg.

Tot vandag toe voel dit asof ek met ’n ou vriend herenig is as ek die tjirrip van die eerste aankomende grootstree­pswael hoor.

Hoe sal jy weet watter voël jou gunsteling is? Jy sal weet as jy hom sien...

 ??  ?? GROOTSTREE­PSWAEL VIR DIE VOËLS
GROOTSTREE­PSWAEL VIR DIE VOËLS
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa