Weg!

BUFFEL MAAK VIR LUIPERD BANG, KRUGERWILD­TUIN

-

Ons het ’n huis reg teenaan die Krugerwild­tuin. Dis naby die Malelanehe­k en aan die Krokodilri­vier; ons stoep kyk dus direk in die wildtuin in. Ek en my man, Chris, het een oggend op die stoep gestaan en kyk vir twee buffels wat op die oorkantste rivieroewe­r in die son lê. Ek het foto’s geneem met my Canon 5D Mk. III met ’n Sigma 150-600 mm-lens.

Chris sien toe skielik ’n luiperd – ons dink dit was ’n wyfie. Sy het uit die bosse verskyn om te kom water drink. Sy was nie ver van waar die buffels (foto 1) gerus het nie, maar het verby hulle gestap sonder om twee keer te kyk.

Nadat sy klaar gedrink het, het sy op die oewer langs gestap – weer reg verby die buffels – en onder ’n boom gaan lê.

Sekondes later het sy weer opgespring, en ons het gedink sy stel belang in ’n troppie rooibokke wat naby wei. Sy het in tipiese “leopard crawl”-styl begin bekruip en het gefokus gelyk om haar volgende maaltyd te vang (foto 2).

Die buffels was natuurlik nie deel van haar plan nie, en sy het hulle geïgnoreer – al was hulle slegs enkele meters van haar.

Maar toe gebeur iets ongewoons. Een van die buffels begin háár bekruip! Die buffel het so saggies nader gesluip ( ja, blykbaar kan buffels ook katvoet wees) dat die luiperd blykbaar totaal onkant betrap is toe sy ’n onverwagte horing in die boud kry! (foto 3-5)

Sy het in die lug gespring van die skrik (foto 6) en die hasepad gekies, haar maaltyd vergete. Sy was nie ernstig beseer nie en het na die beskutting van die bos verkas (foto 7) om haar wonde (en ego...) te lek.

Dit was een van die mees unieke tonele wat ons nóg gesien het, want die gedrag van die luiperd én die buffel was totaal en al onverwags.

 ??  ?? 2 Paraat...
2 Paraat...
 ??  ?? 3 Maar wat kom hier aan?
3 Maar wat kom hier aan?
 ??  ?? 4 Buffel sluip nader...
4 Buffel sluip nader...
 ??  ?? 1 Op patrollie
1 Op patrollie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa