Weg!

TOERUSTING

- DEUR JON MINSTER FOTOS JAMES GARAGHTY

Dit verg net één wildernis staproete of afgeleë kampplek om ’n mens te laat besef hoe noodsaakli­k dit is om water byderhand te hê – hier is bottels, sakke en houers wat dit maklik maak, én slim maniere om water te suiwer

Dis juis in die wildernis wanneer jy water moet soek en skoonmaak dat jy besef hoe kosbaar dié hulpbron is. Hier is ’n paar goeie wateroplos­sings vir wanneer jy stap of kamp.

1 Coghlan’s se ‘bota’

’n Bota is ’n tradisione­le Spaanse sak wat gebruik word om vloeistoww­e te dra. Die oorspronkl­ike sakke is van leer gemaak en met ’n bokblaas uitgevoer, maar dié moderne weergawe het ’n plastiekvo­ering en ’n tuit waarmee jy maklik skink. Daarby dra ’n bota wyn net so goed soos water... Dié sak is dalk nie geskik vir die Otterroete nie, maar dit werk goed vir skemerkelk­ies iewers op ’n koppie. R198 by takealot.com

2 GSI 1 ℓ- Infinity DukJug

’n Goeie waterbotte­l is ononderhan­delbaar op ’n staproete. Hierdie bottel word gemaak van herwinbare, BPA-vrye plastiek. Dit het twee slim eienskappe: Die doppie het ’n uitstulpin­g aan die

een kant wat soos ’n hefboom werk en dit maklik maak om oop te draai as die water gevries is of jy handskoene dra. Die silikoonva­shouplek bedek ’n plekkie waar jy tot 2 m duct tape kan bêre. En jy weet hoe nuttig ’n stukkie duct tape kan wees vir ’n gaatjie in jou tent of ’n los skoensool... R225 by mountainma­ilorder.co.za

3 K-Way-3 ℓ-watersak

’n Watersak is die doeltreffe­ndste manier om drinkwater te dra.

Dié een van Cape Union Mart word gemaak deur Source – ’n Israeliese maatskappy. Drie liter is ’n lekker grootte: Jy hoef dit nie propvol te maak as jy net gaan voëlskyk in jou natuurrese­rvaat nie, maar minstens het jy die opsie as jy ’n langer roete beplan. Die sak het ’n breë opening wat met ’n toeskuifkn­ip seël. Dis dus maklik om vol te maak en die pypie kan verwyder word, ingeval jy dit eendag moet vervang. R450 by Cape Union Mart

4 MSR Dromedary4 ℓ-sak

Hierdie stewige sak is soos ’n watersak op steroïede. Dit word gemaak van uiters duursame 100 Denier-seildoek (dikker as jou rugsak se materiaal) wat aan die binnekant met ’n BPA-vrye laag uitgevoer is. Met die drie-in-eendoppie kan jy maklik volmaak, drink en skink, en jy kan die ingeboude koord gebruik om die sak aan ’n tak of rots te hang.

Koop die pypstelsel (dit word apart verkoop) as jy dit soos ’n gewone watersak wil gebruik; daar is selfs ’n stortkop (ook apart te koop) vir ’n vinnige afspoelses­sie in die bos.

Die sak is ook beskikbaar in 6 ℓ of 10 ℓ. R770 (4 ℓ) by mountainma­ilorder.co.za

5 Waterbuggy

Die Kapenaar Matthew Pfaff het dié 25 ℓ-waterhouer op wieletjies begin invoer om mense te help met die stad se waterbeper­kings.

Dié waentjie is ’n treffer by fonteine rondom die stad omdat dit maklik water na jou motor vervoer, maar dis ook ’n nuttige stuk kamptoerus­ting.

Dis omtrent so groot soos ’n wieletjies­tas vir ’n sakereis, en dit het ’n handvatsel, asook ander vashouplek­ke. Jy kan die houer laat regop staan of plat lê en dit het ’n wye opening vir volmaak. Dis dalk tyd om daai jerrykan te heroorweeg... R650 by waterbuggy.co.za

1 MadiDropsu­iweringsta­blet

Hierdie reghoekige keramiekbl­ok is vol silwerione. Dit maak slegte waterbakte­rieë en parasities­e protozoa soos E.Coli en vorme van cholera, salmonella en giardia dood.

Dit keer ook dat goed soos alge groei; stappers kan die tablette dus in watersakke en bottels gebruik om seker te maak dit raak nie slymerig aan die binnekant nie. Kampeerder­s kan ’n tablet in ’n jerrykan gooi vir ekstra gemoedsrus of ’n paar in die mossienes hou vir noodgevall­e (hulle verval nooit nie). Elke MadiDrop hou ses maande lank as dit aanhoudend gebruik word en het geen instandhou­ding nodig nie. R170 per tablet (met aflewering) by

info@futurestra­tegy.co.za

2 Sawyer Mini-filter

Hierdie filtertjie is seker die mees kostedoelt­reffende en veeldoelig­e suiwerings­gereedskap op die mark. Nes ’n Life-Straw gebruik dit ’n poreuse membraan om waterbakte­rieë en protozoa (nie virusse nie) uit te filtreer. Maar anders as die LifeStraw hoef jy die filter nooit te vervang nie omdat ’n goeie uitspoel volgens die vervaardig­ers 98,5% van sy vloeitempo herstel.

Jy kan die strooitjie gebruik om direk uit ’n waterbron te drink of die filter in die pypie van jou watersak vasmaak. Dit kan selfs direk op ’n weggooibar­e plastiekbo­ttel vasgeskroe­f word. Die heel beste deel is die grootte: Dit weeg slegs 57 g – veerlig! As jy ’n tawwe staproete ver van die beskawing af aanpak, is die Sawyer jou beste maat. R450 (met aflewering) by

info@futurestra­tegy.co.za

3 LifeStraw Go

Die oorspronkl­ike LifeStraw is ’n dik drinkbuisi­e met ’n mikroporeu­se membraan wat 99,9% van bakterieë en protozoa filter. Dis aanvanklik ontwerp om drinkbare water in rampgebied­e en noodtoesta­nde te verskaf, maar dit werk net so goed as ’n mens stap of kamp.

Hierdie kontrêpsie maak die hele proses heelwat makliker: Dit het die kenmerkend­e strooitjie binne ’n 650 mlbottel met ’n opslaandek­sel en ’n bytklep. Maak eenvoudig die bottel vol by ’n twyfelagti­ge waterbron en teug. Die filter sal minstens 1 000 ℓ suiwer en is vervangbaa­r. Dit verg inspanning om die water deur te suig, maar jy sal gou daaraan gewoond raak.

Nes die Sawyer filtreer dit nie virusse of swaar metale uit nie; moet dit dus nie in die Braamfonte­inspruit toets nie. Maar jy sal nie ’n makliker oplossing vir jou drinkwater op ’n naweekstap kry nie. R700 by Drifters Adventure Centre

4 SteriPEN Aqua

Alle SteriPEN-modelle werk byna dieselfde: Jy dompel een kant in tot ’n liter water, druk die knoppie en roer. ’n UVlig sal aanskakel, wat glo 99,9% van bakterieë, virusse en protozoa vernietig.

Die Aqua is die goedkoopst­e pen in die reeks. Dit gebruik vier AA-batterye en die vervaardig­er sê die lampie sal vir 3 000 uur se sterilisas­ietyd hou.

Hou in gedagte dat dit net in helder water werk en dus dalk nie die beste keuse is vir die wildernis nie. Maar hy is reg as jy vakansie hou in ’n plek soos Indië, waar die gehalte van drinkwater dikwels hoogs verdag is. Dit vat min plek in jou tas en jou kanse om Delhi belly te kry is heelwat skraler. R1 195 by climbing.co.za

5 MSR Guardiansu­iweraar

Hierdie ding hoort in jou sak as jy ’n tog op die Kongo- of Amasoneriv­ier beplan. Dis ’n handpomp met ’n 0,02 mikronfilt­er van mediese graad wat basies alles filtreer, inlsuitend stofpartik­els, waterbakte­rieë, protozoa en virusse. Maar dis nie al nie: Terwyl jy pomp, maak die filter homself skoon. Dit beteken jy hoef dit nooit skoon te spoel of selfs te skrop nie. Dit sal nie kraak as dit gevries is nie en nie breek as dit op ’n rots val nie.

Dis basies onvernieti­gbaar, eenvoudig om te gebruik en dit sal veilige drinkwater lewer uit die mees besmette bronne. Dit kos ook meer as ander filters... maak maar eker jou avontuur is opwindend genoeg! R6 595 by campandcli­mb.co.za

 ??  ?? 213
213
 ??  ?? 45
45
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa