Weg!

Skaam jou, Kaapse Natuurbewa­ring!

-

Ons het onlangs die vyf dae lange Walvisroet­e (55 km) in die De Hoopnatuur­reservaat naby Bredasdorp gestap. Die natuurskoo­n het ons elke dag verras – dis duidelik waarom dit een van Suid-Afrika se vlagskipro­etes is. Ongelukkig is die geriewe nie op peil nie – kyk net na die foto’s. Ons is op die laaste dag by die kantoor afgelaai, waar ‘n personeell­id ons uitgevra het oor ons ervaring van die roete. Sy vra waarskynli­k elke dag dieselfde vraag, hoor dieselfde klagtes en gee dieselfde antwoord: “Die bestuur is bewus van die probleme.”

Ons dring aan om met Skhumuzo Tembe, wat onlangs aangestel is as reservaatb­estuurder, te praat. Hy erken dat die onderhouds­pan nie die nodige kundigheid het nie. Hy weet hulle doen halwe werk.

Hulle beplan glo R10 miljoen se onderhoud en gaan die roete vir vier maande toemaak vir opknapwerk. Dit hoef glad nie so baie te kos nie en ’n maand sal genoeg wees, as mense aangestel word wat weet wat hulle doen. Stappers verwag skoon matrasse, warmwaters­torte, deure wat kan toemaak, heel vensters, skoon strande, netjiese stappaadji­es en ’n mens wil sien dat iets gedoen word aan die uitheemse plante.

Die traak-my-nie-agtige houding teenoor stappers, wat R2 300 p.p. betaal, is skandalig.

HILLDIDGE BEER, Somerset-Wes

Marietjie Engelbrech­t, kommunikas­iebestuurd­er by Kaapse Natuurbewa­ring, antwoord: Kaapse Natuurbewa­ring werk hard om die stapervari­ng en die onderhoud op die Walvisroet­e te verbeter. Sowat 3 000 stappers stap elke jaar die roete en dis gewoonlik ’n jaar vooruit bespreek.

Ons gaan die roete twee keer sluit vir opknapwerk: in Junie 2018 vir noodherste­lwerk en van Januarie tot Mei 2019 vir uitgebreid­e opknapwerk. Ons het ook aksieplann­e in werking gestel om die werknemers en kontrakteu­rs te ondersteun in die daaglikse skoonmaak en onderhoud van die roete. Ons is daartoe verbind om dié roete te herstel tot die puik produk wat dit altyd was.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa