Weg!

JOHAN HAMMAN van Middelburg skryf:

-

Ek en my vrou, Marita, het ’n uur lank dié petalje aanskou by die laagwaterb­rug naby die OnderSabie-ruskamp in die Kruger. ’n Krokodil het die sebra gevang en versuip.

Twee van die seekoeie het die sebra met hulle bekke na vlakker water gestoot en toe probeer om hom op te lig. Hulle het versigtig gebyt en het geensins die vel beskadig nie. Ná ’n ruk het hulle opgegee en na dieper water beweeg.

Toe die seekoeie padgee, het die babers dadelik aan die agterstewe begin vreet. Die krokodil het vinnig maar slu nader beweeg.

Toe die seekoeie die krokodil gewaar, het een op hom afgepyl. Die krokodil het eenkant gaan wag.

Weer is probeer om die sebra op te help. Ons het later gery om plek te maak vir ander nuuskierig­es.

Ons is die volgende dag terug – maar daar was niks oor van die karkas nie.

Die natuurlewe­kenner L.D. VAN ESSEN antwoord: Ons kan natuurlik nie presies weet wat in ’n dier se kop aangaan nie, maar ongelukkig is diere nie vreeslik altruïstie­s nie. Die seekoei probeer waarskynli­k om die sebra te byt! Seekoeie het indrukwekk­ende tande, maar dis nie ontwerp om vleis te skeur nie. Nietemin is dit al goed aangeteken dat seekoeie van karkasse af sal aas. Daar is selfs gevalle waar seekoeie diere doodmaak en vreet, karkasse van leeus steel én van kannibalis­me.

Hulle jaag ook waarskynli­k die krokodil weg om hulle vleisbron te beskerm en nie om die sebra se onthalwe nie. Dis onseker waarom hulle soms vleis vreet bo en behalwe hulle grasdieet. Daar word vermoed dat kosskaarst­e gedurende ’n droogte of mineraalte­korte, veral yster, ’n rol kan speel, óf dis bloot opportunis­tiese gedrag om proteïen aan te vul.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa