Weg!

Ry die ‘Argus’ heeljaar lank

-

Jy kan nou die Kaapstad-fietstoer (voorheen die “Argus”) ry, maar saam met vriende, pleks van saam met duisende ander fietsryers, en teen jóú pas. Die Wes-Kaapse regering het ’n nuwe roete, Cycle Tour 364, bekend gestel wat ooreenstem met die roete van die jaarlikse Kaapstad-fietstoer.

Die hele roete is 123 km lank, begin by die V&A Waterfront en loop onder meer verby Seepunt, Kampsbaai, Houtbaai, Chapmanspi­ek en Simonstad, voor dit by die Kaappunt- nasionale park draai en verby die kusdorpies Scarboroug­h en Kommetjie loop tot in Noordhoek van waar ’n mens weer op dieselfde pad terugry. En ja, nes die deelnemers aan die Kaapstadfi­etstoer, kan jy ook jou slag wys teen Suikerboss­ie-heuwel uit!

Die naam van die roete verwys na hoeveel dae per jaar dit oop is – op die 365ste dag is dit gesluit vir die amptelike wedren.

Die Wes-Kaapse regering het ook laasjaar ’n 742 km lange fietsroete van Plettenber­gbaai tot Stellenbos­ch of andersom bekend gestel. Die Cross Cape-roete loop meestal met grondpaaie langs. Hoe werk dit? Jy pak die roetes aan soos en wanneer jy wil. Daar is nie ’n gemerkte fietsbaan of paadjie nie – jy ry op/langs die motorpaaie.

Bring jou fiets en jou vriende en besluit of julle die hele roete of net ’n deel wil doen. As julle dit oor ’n paar dae wil doen, bespreek julle self blyplek. Wat kos dit? Gratis Kry die kaart Laai ’n pdf van die kaart (regs) af op capecycler­outes.co.za. Dié kaart dui die roete aan, asook waar plekke van belang, soos uitkykpunt­e, bly-, eet- of piekniekpl­ekke is. Jy kan ook ’n gedrukte kaart aanvra. As jy met ’n GPS-toestel ry, kan jy die GPX-lêer aflaai, asook die KML-lêer waarmee jy op Google Earth na die roete kan kyk. Nog inligting capecylero­utes.co.za; info@capecycler­outes.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa