Weg!

’N MOOI BOOM NABY MELKRIVIER, LIMPOPO

-

As jy vir mense sê jy gaan “Bosveld” toe, kan dit baie dinge beteken. Dalk mik jy net ’n slap slanggooi noord van Pretoria na Dinokeng. Dalk korrel jy vir ’n woonwapark iewers tussen Bela-Bela en Modimolle. Is jy dan al in die “Bosveld”? Wie weet? Vra ’n kwêvoël.

Sou jy egter verder ry, en daar by Modimolle die R33 vat na Vaalwater – deur die Waterberg – dán begin jy ’n bietjie warmer raak. By Vaalwater kan jy noordoos draai op ’n teerpad sonder nommer: Melkrivier toe.

Dié imposante gewone wildevyboo­m staan naby Melkrivier net voordat die nommerlose teerpad ’n T-aansluitin­g maak met die R518.

Hier’s nie ’n piekniekta­feltjie nie (darem ’n asblik); rangskik dus maar jou koffiefles en toebroodji­e op die dak van die kar (die meeste van vandag se karre se enjinkappe is te skuins – jou Stanley-bekertjie gly heeltyd af...).

Staan daar en kyk na die wêreld om jou. Is hierdie al die Bosveld? Miskien... Nietemin sal 15 minute onder hierdie boom jou beter laat voel oor die lewe. Jy gaan die stad uit jou bene kan strek, lug inasem wat jou longe gaan wakker maak en dalk selfs daai einste kwêvoël hoor roep.

Ry hiervandaa­n verder noord – as jy die ware Bosveld wil gaan soek – Marken verby, Baltimore toe. Pasop maar net, want die “teerpad” tussen Marken en Baltimore is dalk die swakste pad in die Republiek.

– Toast Coetzer >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa