Weg!

STERREWEG

- – Willie Koorts

As daar nou een Vrydagaand dié jaar is om tuis te bly, is dit Vrydag 27 Julie. Trek jou kampstoel nader en verkyk jou aan ’n algehele maansverdu­istering. Ná ’n lang droogte waar ons nie goeie maansverdu­isterings uit SuidAfrika kon sien nie, vergoed dié een hiervoor.

Onthou: ’n Maansverdu­istering gebeur wanneer die Maan deur die Aarde se skaduwee beweeg. Dit is slegs met volmaan wanneer die Son, Aarde en Maan in ’n presiese ry staan en dit moontlik maak.

Die Julie-verduister­ing gebeur op ’n Vrydagaand, op ’n heel gerieflike tyd. Die sigbare deel van die verduister­ing begin net voor halfnege (8.24 nm.; sien tabel) en eindig ná middernag. Die maksimumve­rduisterin­g is om 10.22 nm. – ’n skaflike tyd vir ’n Vrydagaand om gou uit te glip en te gaan kyk.

Die algehele verduister­ingsfase duur van 9.30 nm. tot 11.13 nm., waartydens die Maan ’n donker koperkleur sal vertoon. Presies hoe donker en hoe rooi die Maan word, verskil van verduister­ing tot verduister­ing. Dit hang af van hoeveel stof en onsuiwerhe­de in die atmosfeer is tydens die verduister­ing. Dié goed absorbeer die sonlig en laat slegs die rooi lig deur – dis soortgelyk aan wat met ’n sonsopkoms en -ondergang gebeur. Vulkaniese uitbarstin­gs speel ’n groot rol. Ná groot uitbarstin­gs is verduister­ings gewoonlik besonder donker.

 ??  ?? Begin jou naweek met ’n maansverdu­istering
Begin jou naweek met ’n maansverdu­istering

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa