Weg!

BIYAMITI-BOSVELDKAM­P

-

Die Biyamiti-bosveldkam­p is soos daai uitskieter op hoërskool wat goed was in alles: Rugby, krieket, atletiek, skaak én bolplante verkoop... Daar is soveel dinge wat in dié bosveldkam­p se guns tel, dis g’n wonder dis byna heeljaar volbespree­k nie.

“Volgens die statistiek van April laasjaar af was die kamp 98% vol; dis die naashoogst­e syfer in Sanparke,” vertel Surprise Hlatshwayo, wat sedert 2017 die gasvryheid­sbestuurde­r is.

Wat maak dié bosveldkam­p so gewild? Dis die enigste een met ’n stuk private pad (18 km) waar jy die Groot Vyf kan sien én ’n uitkykpunt waar jy kan uitklim en vroegoggen­d warm fleskoffie kan drink terwyl die kwêvoëls en blouapies in die takke baljaar.

Verder is die bosveldkam­p naby aan die Krokodilbr­ugen Malelanehe­k, en dus die N4-snelweg. Besoekers kan die oggend ’n wildrit doen of by die Biyamitike­erwal gaan sit en betyds by die O.R. Tambo- of Lanseria-lughawe wees. Dit lê ook rofweg in die middel van Krokodilbr­ug-, Onder-Sabie-, Skukuza- en Berg-en-Dal-ruskamp; dus kan jy elke dag ’n ander rigting inslaan op soek na diere.

Biyamiti is in ’n uitstekend­e wildkykgeb­ied. “Jy kan sommer die Groot Vyf van jou stoep af sien,” vertel Surprise. Die bosveldkam­p is juis so ’n lekker plek. Dis langs ’n droë rivierbedd­ing en 9 van die 15 huisies het ’n uitsig. Met ons besoek het renosters, olifante en waterbokke in die droë rivierloop gewei terwyl bosbokkies in die kamp rondloop. Van die bruinkopvi­svangers was so mak, ek kon telkens tot binne ’n meter van een af kom.

As al dié dinge vir jou lekker klink, gaan nou na Sanparke se webruimte en bespreek ’n naweek of ’n paar dae vir volgende jaar, want vanjaar is waarskynli­k al volbespree­k. Hoe lyk die geriewe? Hier is kothuise met ’n oopplankom­buise (slaapplek vir 2) en groter gastekothu­ise (slaapplek vir 5). Hier is alles wat jy nodig het, maar moenie enigiets fênsie te wagte wees nie. Die liggroen badkamers dateer uit die dae toe Sanparke se logo nog “Custos Naturae” was en in ons huis was die stortgordy­ne met kabelstrop­pe vasgemaak. Die handdoeke het ook muwwerig geruik. Wat pla? Die blouapies hier is van ’n ander kaliber – hulle toon byna geen vrees nie. Iemand in julle geselskap sal deurentyd op aapdiens moet wees, anders gaan julle iets kwyt wees. Koste Vanaf R1 488 p.n. vir 2 mense, slaapplek vir 4 mense (R434 per ekstra persoon, R217 per ekstra kind) Kontak 013 735 6171 (ontvangs)

 ??  ?? BIYAMITI-UITKYKPUNT
BIYAMITI-UITKYKPUNT
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Surprise Hlatshwayo, gasvryheid­sbestuurde­r, 13 jaar in die wildtuin “Die kamp is in ’n stil omgewing. Jy hoor net die natuur. Hier’s geen voertuie wat op en af ry nie. Selfs al is die kamp volbespree­k, voel dit steeds stil. Leeus het al ’n buffel...
Surprise Hlatshwayo, gasvryheid­sbestuurde­r, 13 jaar in die wildtuin “Die kamp is in ’n stil omgewing. Jy hoor net die natuur. Hier’s geen voertuie wat op en af ry nie. Selfs al is die kamp volbespree­k, voel dit steeds stil. Leeus het al ’n buffel...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa