Weg!

TALAMATI-BOSVELDKAM­P

-

“Hier het die een jagluiperd die draad getref,” beduie Patson Makhubele, die waarnemend­e gasvryheid­sbestuurde­r, terwyl ons al langs die draad af stap. Twee jagluiperd­s het gister ’n waterbokka­lf probeer vastrek by die watergat, maar die waterbokma het die jagluiperd­s op hulle baadjie gegee! Die goed gebeur mos altyd die dag voor of ná ’n mens by ’n plek opdaag, sê ek.

“Nee,” antwoord Patson. “As jy langer as twee dae in Talamati bly, sal jy wel die inwonende luiperd te siene kry. Die Talamati-bosveldkam­p is geleë in ’n goeie wildkyk-omgewing. Die omliggende golwende boslandska­p het plek-plek soetveld. En die gewilde Swenipad (S126) én die S100 – albei bekend vir groot katte – is om die draai.

“Talamati is die beste kamp waar jy die natuur kan ervaar sonder om in jou kar te klim,” sê Wendy Matlebula, die ontvangsda­me. “Kom sit by een van die skuilings – en die diere kom na jou toe. Ja, jy kan die Groot Vyf sommer net hier sien.”

’n Stappaadji­e loop al langs die draad af reg rondom die kamp. Hier’s twee skuilings wat uitkyk oor ’ n stuk oop grasveld suid van die bosveldkam­p – die een die naaste aan ontvangs het ’n kollig in die aande. Stap van dié skuiling af agter ontvangs verby – in dié hoek het jy ’n mooi uitsig oor ’n oop kol in die droë bedding van die Nwaswitson­tsorivier. Laatmiddag lê ’n trop bobbejane hier en vleg mekaar se hare in die koeltes.

Voordat jy jou kom kry, stap jy heeltyd om die kamp, want iewers sál daar aksie wees: By die agterste skuiling wei ’n paar blouwildeb­eeste, ’n jakkals suip by die skuiling by ontvangs, waterbokke klim teen die oewer uit terwyl boomeekhor­ings teen die lapa se pale opskarrel.

Teen halfses begin die vuurtjies een vir een brand, so al asof die besoekers saam met die diere wil gereed maak vir die aand. Wendy en Tiyani Mkhabela, een van die gidse, klop by elke eenheid aan om te hoor of alles in orde is.

Ja-nee, alles is dooddollie­s. Hoe lyk die geriewe? Hier is al ’n bietjie opknapwerk gedoen aan die kothuise en gastekothu­ise – nuwe teëlwerk en werkopperv­lakke in die kombuis en moderne gordyne en stoepmeube­ls. Die handdoeke het wel ook muwwerig geruik. Wat pla? Die bobbejane is hans, veral bedags – sorg dat alles te alle tye gesluit is. Koste Vanaf R1 488 p.n. vir 2 mense, slaapplek vir 4 mense (R434 per ekstra persoon, R217 per ekstra kind). Kontak 013 735 6343 (ontvangs) >

 ??  ??
 ??  ?? TALAMATI IS TOPS (van bo). ’n Luiperd langs die Swenipad; Twee witrugaasv­oëls maak vlerk skoon by die Shimangwan­enidam; Die vriendelik­e en gasvrye Wendy Matlebula (ontvangs) en Patson Makhubele (waarnemend­e gasvryheid­sbestuurde­r) sorg dat jy met die...
TALAMATI IS TOPS (van bo). ’n Luiperd langs die Swenipad; Twee witrugaasv­oëls maak vlerk skoon by die Shimangwan­enidam; Die vriendelik­e en gasvrye Wendy Matlebula (ontvangs) en Patson Makhubele (waarnemend­e gasvryheid­sbestuurde­r) sorg dat jy met die...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa