Weg!

SHIMUWINI-BOSVELDKAM­P

-

Shimuwini is kop aan kop met die Biyamiti-bosveldkam­p. Gaste het ook ’n stuk private pad (S141) van ongeveer 15 km met verskeie afdraaipaa­djies na die Letabarivi­er (en ’n groot kremetartb­oom). En hier’s die troefkaart: Dis die enigste bosveldkam­p met ’n swembad – ’n moet as jy in die somermaand­e in die wildtuin vakansie hou. Shimuwini is egter in die mopaniebos­veldstreek wat nou nie die smaaklikst­e weiveld vir diere is nie...

“Maar hier ís baie diere,” sê die gasvryheid­sbestuurde­r Christo Knox, wat reeds ses jaar hier werk. “Jy moet net harder werk om hulle te sien omdat die mopanies so ruig is. Ek sien gereeld leeus as ek Phalaborwa toe ry. Op die S141 na die teerpad toe gaan jy waterbokke en seekoeie langs die rivier kry. En jou kanse is goed om buffels en kameelperd­e te sien. Ry net stadig.

“Maar die lekker ding van Shimiwuni is dat jy nie rond hoef te ry nie,” sê Christo. Die bosveldkam­p se 15 huisies lê langs mekaar op ’n groot groen grasperk op die oewer van die Letabarivi­er. Bankies staan versprei onder jakkalsbes­sie-, appelblaar-, rooiessenh­out- en mopaniebom­e.

“In Desember het ’n leeutrop al langs die oewer gestap totdat dit donker word. En ’n luiperd het helder oordag ’n bok gevang in daardie bos. Mense het een oggend vroeg, so vieruur se kant, by die voëlskuili­ng gesit toe loop ‘n luiperd reg voor hulle verby!” vertel hy opgewonde.

Ons pak af en maak ons stoepstoel­e so staan dat ons rivier se kant toe kyk. ’n Reusereier kom land swierig op ’n eilandjie in die rivier. ’n Seekoei nurk verontwaar­dig – dit lyk of hy nie gesteur wil wees nie.

Ná ’n middagslap­ie en afkoel in die swembad stap ons al langs die draad tot by die voëlskuili­ng. Die son begin groet en ’n pienk gloed kom lê op die water. ’n Paar swartreier­s skud hulle vere vir oulaas reg voordat hulle vir die nag in ’n ry in die rivierbedd­ing gaan staan.

Christo het my vroeër die dag aangeraai dat hoewel ’n mens baie rigtings van Shimuwini af kan inslaan, jy eerder jou kans moet gebruik om te rus. “Sit heeldag op die stoep. Daar is min plekke in die wildtuin waar jou chalet so naby aan die water is.”

Voor slaaptyd skyn ek vir oulaas my koplamp se lig oor die grasperk en water. Hoe lyk die geriewe? Hier is kothuise (slaapplek vir 4) en gastekothu­ise (slaapplek vir 5 of 6). Die huisie het ’n bietjie aandag gekort – die gordyne sit hoogwater en die kassies is lendelam. Maar hier is wel vismesse en soplepels vir ’n driegangma­altyd. As die soort goed jou erg pla, bespreek no. 9. Die huis het afgebrand en is nuut oorgedoen. No. 1 en 15 is gewild, want albei is lekker privaat. No. 1 het nie ’n wye uitsig op die rivier nie, maar wel ’n bosuitsig. Wat pla? ’n Vliegroete loop bo-oor die bosveldkam­p; dus hoor jy nou en dan ’n vliegtuig verby dreun. Koste Vanaf R1 433 p.n. vir 2 mense, slaapplek vir 4 mense (R434 per ekstra persoon, R217 per ekstra kind). Kontak 013 735 6683 (ontvangs)

 ??  ?? SPAN UIT. Kom sit heeldag op ’n bankie of ’n piekniekko­mbers op die oewer van die Letabarivi­er of duik in die swembad – dis immers vakansie!
SPAN UIT. Kom sit heeldag op ’n bankie of ’n piekniekko­mbers op die oewer van die Letabarivi­er of duik in die swembad – dis immers vakansie!
 ??  ??
 ??  ?? Christo Knox, gasvryheid­sbestuurde­r, 28 jaar in die wildtuin “Hier’s net ’n heuphoogte geëlektrif­iseerde draadheini­ng wat jou van die diere skei. In die droër wintermaan­de wei die olifante byna elke dag op die gras langs die draad. ’n Mens kom hier...
Christo Knox, gasvryheid­sbestuurde­r, 28 jaar in die wildtuin “Hier’s net ’n heuphoogte geëlektrif­iseerde draadheini­ng wat jou van die diere skei. In die droër wintermaan­de wei die olifante byna elke dag op die gras langs die draad. ’n Mens kom hier...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa