Weg!

BATELEUR-BOSVELDKAM­P

-

In dié bosveldkam­p met net sewe huisies (die ander bosveldkam­pe het 15 huise) voel dit asof jy jou eie bosveldpla­sie het. Buite seisoen kan dae verbygaan waar die vriendelik­e Lolly Nyundu, die gasvryheid­sbestuurde­r, of Cecilia Phophi, die diensbestu­urder, die enigste mense is wat jy teëkom. Met ons besoek in Maart was daar net vier ander besoekers in die kamp. Selfs al is die bosveldkam­p volbespree­k, is hier net 34 gaste – dis omtrent hoeveel kinders daar in ’n klaskamer is!

“Sodra jy hier inry, hou jou selfoon op met werk,” sê Lolly. “Ons lewe in ’n besige wêreld. Ons is altyd haastig op pad iewers heen. Bateleur is stil en rustig. En die voëllewe is uitstekend.”

Inderdaad, toe ek by ontvangs uitstap, vertel my man hoe ’n oostelike rooipootva­lkie ’n vis probeer vang het in die visdam buite die deur. Hou ook die bome dop vir neushoring­voëls, swartkopwi­elewale en spookvoëls.

Die huise staan versprei langs die droë rivierbedd­ing, maar weens die digte plantegroe­i het hulle nie juis mooi uitsigte nie. Elke huisie is versteek in sy eie stukkie bos in die boomryke kamp – jy sien net hier en daar ’n stoepmuurt­jie of venster tussen die takke deur. Dit laat ’n mens dink aan die gemmerbroo­dhuisie waarop Hansie en Grietjie afgekom het.

As jy die “my-eie-stuk-bosveld-gevoel” na die volgende vlak wil vat, ry een oggend na die Tshangauit­kykpunt sowat 5 km van die kamp af. Die kanse is goed julle sal hier ook alleen wees. Shingwedzi is die naaste ruskamp en dis nog sowat 40 km se ry soontoe.

Kry jou sit op een van die groot rotsblokke en kyk hoe die son opkom oor die draai wat die Tshangariv­ier maak deur die oneindige Bosveldlan­dskap rondom jou.

Eers is dit stil, maar dan begin die gewone oggendtraw­ante van hulle hoor: kwêvoëls, spookvoëls, gewone vleiloerie­s... En nog ’n dag breek aan in die Kruger. Hoe lyk die geriewe? Die gastekothu­ise (slaapplek vir 4 of 6) is in ’n goeie toestand. Die beddegoed, gordyne en meubels is modern. Die bosveldkam­p is die enigste een met lugreëling (die ander bosveldkam­pe het dakwaaiers) en TV’s met beperkte DStv. Die kamp is netjies – hier’s nie ’n grassie uit plek nie, die paadjies is netjies met ronde klippe uitgelê. No. 1 is gewild – dis privaat en het ’n eie paadjie na die skuiling toe. Wat pla? Die gedreun van die lugreëling kan steurend wees. En moenie verbaas wees as jy ’n boomeekhor­ing in jou huis kry nie – hulle sal wel uiteindeli­k uitklim waar hulle ingekom het. Koste Vanaf R2 381 p.n. vir 4 mense. Kontak 013 735 6843 (ontvangs)

 ??  ?? MÔRE, MÔRE. Begin jou dag by die Tshanga-uitkykpunt (regs) en eindig dit by die voëlskuili­ng (oorkantste blad links bo). Steek ’n vuurtjie (onder) op sodra die son gesak het, en wag vir die nagdiere om te kom groet.
MÔRE, MÔRE. Begin jou dag by die Tshanga-uitkykpunt (regs) en eindig dit by die voëlskuili­ng (oorkantste blad links bo). Steek ’n vuurtjie (onder) op sodra die son gesak het, en wag vir die nagdiere om te kom groet.
 ??  ?? TSHANGA-UITKYKPUNT
TSHANGA-UITKYKPUNT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa