Weg!

SIRHENI-BOSVELDKAM­P

-

By die meeste van die bosveldkam­pe werk net sowat 15 mense. As jy vir ’n paar dae oorbly, is die kanse goed dat jy dieselfde gesigte gereeld gaan sien. Knoop gerus ’n geselsie aan. Van die mense werk al donkiejare in die Kruger en het wonderlike stories.

Armando Baloi, wat instandhou­dingswerk by Sirheni doen, werk byvoorbeel­d al 46 jaar lank in die park. Teen skemer stap Armando tussen die huise deur en vertel vir gaste waar die aksie is. Hy ken die bosveldkam­p se voëllewe goed. Sy Engels is gebroke, maar praat net stadig en julle sal mekaar vind. Laat hy jou beduie in watter bome die skopsuiltj­ies sit en prrrup-prrrup sodra dit donker word.

Stap sommer saam met Armando al langs die draad langs die Mphongolor­ivier tot by die boonste skuiling en laat hy jou beduie in watter bome aan die oorkantste wal die monnikaasv­oël- en reuse-ooruilnes is. Gaan sit ’n ruk in die skuiling terwyl die son sak – jy sien dalk net hoe ’n kolgans die einste jong monnikaasv­oël in die rivierbedd­ing rondjaag. Hier is nog ’n skuiling, maar die boonste een kyk uit oor ’n mooier deel van die rivierbedd­ing.

Daarna stap jy terug na jou huisie in jou eie stukkie bos (onthou ’n koplampie), steek ’n vuurtjie op en spits jou ore vir die naggeluide. Die diensbestu­urder en veldgids Nkhensani Makhubele het juis vroëer vandag genoem dat gaste gereeld die inwonende luiperd in die nag hoor roep. Hoe lyk die geriewe? Hier is kothuise (slaapplek vir 4) en gastekothu­ise (slaapplek vir 6). Die kamp het erg skade gely met die vloede in 2013 en was ’n paar maande lank gesluit vir opknapwerk. Al die huise is dus oorgedoen met moderne meubels, beddegoed en gordyne. No. 1 en 2 het die mooiste uitsig op die rivier.

In Maart het ’n stormwind ’n boom op no. 12 laat val. Die bestuur hoop om die huis teen Julie opgeknap te hê. Wat pla? Geen klagtes nie, dankie. Koste Vanaf R1 408 p.n. vir 2 mense, slaapplek vir 4 mense (R434 per ekstra persoon, R217 per ekstra kind). Kontak 013 735 6860 (ontvangs)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Matilda Mkhombo, ontvangsda­me, 10 jaar in die wildtuin “Ons bly ín die natuur. En dis gratis vir ons. Ons sien diere sonder om enigiets te betaal. Ek is gelukkig hier – dis ’n lekker plek om te werk.”
Armando Baloi, opsigter, 46 jaar in die wildtuin...
Matilda Mkhombo, ontvangsda­me, 10 jaar in die wildtuin “Ons bly ín die natuur. En dis gratis vir ons. Ons sien diere sonder om enigiets te betaal. Ek is gelukkig hier – dis ’n lekker plek om te werk.” Armando Baloi, opsigter, 46 jaar in die wildtuin...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa