Weg!

SPEEL IN DIE SEE

-

Die seetempera­tuur dobber rondom ’n aangename 20 ° C. Maar die seestrome is sterk en die eiland het ook nie eintlik strande waarop jy veilig in die vlak brandertji­es kan baljaar nie. Maar daar is maniere om die see van ’n boot af te geniet.

Dis egter nie net mense wat van ’n warm see hou nie. Dieselfde rede lok walvishaai­e 12 na St. Helena se waters en jy kan saam met hulle gaan inspring. Dis ’n rare belewenis om saam met walvishaai­e te swem. Dié massiewe visse met hulle kolletjies­lyf en breë bek waarmee hulle plankton inslurp, is saggeaard en kruie net rustig met sterthale aan terwyl jy en jou GoPro probeer byhou. (Duikbrille, snorkels en vinne word verskaf.) Die kans is ook goed dat jy stompneus-, growwetand- of gevlekte dolfyne sien. Koste ’n Walvishaai-uitstappie is R500 p.p. en duur ongeveer 3 uur. Kontak Johnny Herne van Enchanted Isle Limited:

Johnny.Herne@helanta.co.sh

Die water is skoon en sigbaarhei­d uitstekend. Aan die westekant lê agt skeepswrak­ke 13 vir duikers om te verken, waarvan die Nederlands­e Witte Leeuw waarskynli­k die bekendste is. Dié vragskip vol speserye, porselein en diamante het in 1613 gesink na ’n kort maar kragtige onderonsie met die Portugese kanonne aan wal. (Onthou jou skubaserti­fikaat en logboek.) Koste Vanaf R500 p.p., insluitend toerusting en ’n vol silinder. (Doen ook navrae oor diepseehen­gel- en seevoëlkyk-uitstappie­s.) Kontak divesainth­elena.com; stadventur­es.com

WAT NOG? Jamestown het ’n 33 m lange swembad 14 waar jy – wanneer die skoolkinde­rs nie ’n swemles het nie – kan lengtes swem.

 ??  ?? 12
12
 ??  ??
 ??  ?? 14
14

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa