Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Beste tyd om te gaan? Heeljaar! St. Helena is subtropies en het dus gematigde temperatur­e. Maar pasop: In Jamestown kan die son skyn, terwyl dit slegs ’n halfuur se ry bergop mistig raak of goed sous. Onthou dus jou sonhoed én reënjas. Gelukkig raak dit nooit werklik koud nie.

Hoe kom ek daar? Airlink vlieg elke Saterdag en Dinsdag van Johannesbu­rg af. Retoervlug­te kos vanaf R13 577 p.p. Gaan na

flyairlink.com

Visum nodig? Nee. Hoewel St. Helena ’n Britse gebied is, is slegs jou paspoort, bewys van mediese reisversek­ering en ’n korttermyn­visum (dit kos sowat R300 en jy betaal wanneer jy hier aankom) nodig.

Waar slaap ek? Verblyf wissel van selfsorg (vanaf R340 p.p.p.n.) en bed-en-ontbyt (vanaf R1 100 p.p.p.n.) tot spoggerige hotelverbl­yf (vanaf R3 050 p.p.p.n.). Gee die toerismeka­ntoor ’n aanduiding van jou begroting en hulle sal voorstelle maak.

Waar eet ek? Die Boltons se koffiewink­el in die hawe maak lekker hamburgers (R100), die toebroodji­es (R85) van die Sandwich Bar in die markie is groot met vulsels te kus en te keur. Die daaglikse visgereg (R200) van Anne’s Place in die kasteeltui­n is aan te beveel, en die Blue Lantern se steaks is sappig en SuidAfrika­ans (R340 vir ’n drieganget­e).

Wat van winkels? Ja, hier’s ’n handjie vol kruidenier­swinkels wat meestal Suid-Afrikaanse en Britse produkte aanhou. Vrugte en groente word op Donderdae uit die koelkamers op die rak gesit en verkoop taamlik gou uit. Hoewel die eiland ’n bietjie vars vleis en eiers verbou, word die meeste as bevrore produkte uit Suid-Afrika ingevoer. Winkels is op Woensdae slegs halfdag oop.

Sê nou maar ek kom iets

oor? Hier’s ’n tandarts, ook ’n hospitaalt­jie met internasio­nale dokters.

Hoe werk die geldsake? Hier is nie kitsbanke nie en weinig van die winkels of blyplekke aanvaar kredietkaa­rte. Bring kontant en ruil dit op die lughawe of by die bank in Jamestown vir St. Helena-pond (gelykstaan­de aan Britse pond).

Kan ek huis toe bel? Waarskynli­k nie. Hier’s wel by enkele punte WiFi beskikbaar (Anne’s Place s’n werk goed) – teen R112 per uur!

Het St. Helena Ubers? Nee, maar jy kan met jou Suid-Afrikaanse rybewys ’n motortjie teen sowat R280 per dag huur. Hier is drie vulstasies op die eiland.

Gaan na sthelenato­urism.com om jou besoek te beplan en

sainthelen­aisland.info/ vir inligting. Die toerismeka­ntoor is aan die bopunt van Jamestown se hoofstraat, by die verkeersir­kel.

Sophia het as gas van St. Helenatoer­isme gereis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa