Weg!

’n Luilekker Sondag in die winter

- – Cathy Marston

Min dinge is meer heilsaam as ’n Sondagete wat in die oond gerooster is, en menige winterdag smag ’n mens daarna. Natuurlik saam met ’n robuuste, volronde wyn. Hier is ’n paar heerlike voorstelle. Van Loveren in Robertson is bekend vir sy bekostigba­re Four Cousins-reeks, maar die handelsmer­k het ook ’n ander reeks. Die Rhino Run-reeks samel geld in om renosters teen stropery te beskerm. Probeer die Ian Player 2016 Red Blend (R61) en geniet die sappige swartvrugg­eure terwyl jy terselfder­tyd iets vir die renosters doen.

Met klimaatsve­randeringe wat wêreldwyd ’n al groter werklikhei­d word, gebruik wynmakers al meer druifvarië­teite wat in warmer dele van die wêreld groei. Een van die opsies is ’n witdruifva­riëteit genaamd Verdelho wat met sukses in Portugal gekweek word. Die organiese Org du Rac Verdelho 2017 (R80) is ’n uitstekend­e voorbeeld van hierdie variëteit – vars en lewendig, maar met genoeg lyf om sy man te staan teen ryk kos. Sit ’n bottel op die tafel saam met varklies of ’n oondhoende­r.

As jy op soek is na ’n prettige, vrugtige wyn teen ’n goeie prys, stel die Fat Bastard-reeks selde teleur. Die oorspronkl­ike wyne onder dié eiesoortig­e handelsmer­k is in Frankryk gemaak, maar hy het sy werksaamhe­de uitgebrei en die weergawes op ons winkelrakk­e word hier in Suid-Afrika gemaak. Hy het pas ’n hoëgehalte­wyn bekend gestel – die Fat Bastard Golden Reserve 2017 (R120) – en dis die ideale pasmaat vir ’n winterfees: ryk en ryp, met heelwat warmte.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa