Weg!

Namibië roep!

Verken Etosha, Damaraland en die Skedelkus op ’n kampavontu­ur saam met Bhejane 4x4 Adventures.

-

Beleef die windverwaa­ide strande van die Skedelkus, die berge van Damaraland en die oorvloed wild in die Etosha- nasionale park. Ons sorg vir die parktariew­e en reëlings – jy kan net ontspan en die reis geniet.

Die toer word deur ’n ervare natuurbewa­ringskenne­r en avontuurgi­ds gelei wat te alle tye met jou in radioverbi­nding is terwyl jy bestuur. Die roete is uitdagend, maar die moeite werd en ons het al die nodige toerusting en kennis as daar enige probleme is. Ons span boskokke sorg drie keer per dag vir watertand-etes.

Hier is wat jy kan verwag.

DAG 1 Die groep ontmoet by Alte Brücke in Swakopmund. Langs die kampvuur dié aand gee die toerleier jou ’n idee van wat op julle wag.

DAG 2 Verken Swakopmund. Hier is heelwat aktiwiteit­e –quadfietsr­y in die woestyn en toere waarop jy die ongeloofli­ke diertjies sien wat in duine bly. (Bykomende aktiwiteit­e is vir jou eie sak.) Ons kamp langs die kus; aandete is dus vars vis.

DAG 3 Ry na Brandberg via Seal Point (piekniekmi­ddagete) en die Dorob- nasionale park, al langs paaie gebou uit gips en soutwater. By die oornagkamp­plek sal die potte op die vuur prut.

DAG 4 Gaan ná ontbyt vir ’n begeleide stap op die hange van Brandberg om die bekende White Ladyskilde­ry en ander rotskuns te sien. Ons eet nog ’n piekniekmi­ddagete en span die middag langs die swembad uit. Laatmiddag mik ons vir ’n koppie hier naby vir ’n skemerkelk­ie. DAG 5 Ons groet Brandberg en ry noord na Twyfelfont­ein verby ’n paar vreemde rotsformas­ies en oer oue welwitschi­a-plante. Twyfelfont­ein is ’n Wêrelderfe­nisgebied, bekend vir sy oorvloed mooi rotsgraver­ings. Ons ry verder tot by Palmwag verby ongeloofli­ke landskappe, tot by ons kampplek waar jou tent reeds vir jou staan en wag.

DAG 6 Verken die Huab- en Uniabrivie­r op soek na woestynoli­fante en swartrenos­ters. Herlaai jou batterye by die kamp.

DAG 7 Ons ry wes na Torrabaai langs die Skedelkus, met sy warrelende mis en verlate strande. Ons stap tot by die Uniabwater­val en eet middagete op die strand en mik dan weer ooswaarts, terug na Palmwag.

DAG 8 Ons verlaat Palmwag en mik na Outjo vir brandstof en inkopies by die supermark met goeie voorraad. Etosha-tyd! Wanneer jy daar aankom, sal jou tent reeds staan en daar behoort tyd te wees vir ’n middagwild­rit gevolg deur aandete en ’n sopie by die kamp se watergat met spreiligte.

DAG 9, 10 &11 Dit hang van jou af – ry in die park rond op soek na wild of hou by ’n watergat stil en wag vir die diere om na jou toe te kom. Sit agteroor en geniet jou tyd in die kamp waar ons jou lewe so gerieflik moontlik gaan maak. Jou gids is altyd beskikbaar met raad en die kosspan sal enige tyd vir jou middagete inpak as jy verder wil ry.

DAG 12 Tyd om op te pak en te groet... Tot volgende keer!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa