Weg!

MET MY EIE OË

- WOORDE EN FOTO’S ANTON KRUGER

OP SOEK NA DIE PITTA, ZIMBABWE

Elke ywerige voëlkyker ken die illustrasi­e of foto van die Angolapitt­a en droom om dit eendag te sien. Die pitta se kleure is amper onwerklik: helderrooi, groen, en die mooiste blou. Maar dis nie net die voorkoms nie, maar ook die pitta se legendarie­se ontwykende aard wat die spesie so gesog maak.

’n Voëlkykvri­end van my, Niel Cillié, het my in November 2017 geskakel met ’n dringende boodskap: “Pêl, daar is ’n pitta wat roep naby Vic Falls, kom!”

Pittas roep gewoonlik slegs vir ’n paar weke in die jaar. En die roepery is belangrik, want as hy nié roep nie, is dit feitlik onmoontlik om een op te spoor vanweë die digte bosse waarin hulle hou.

Die plek waar die pitta geroep het, Lukosi Safari Camp langs die Hwange- nasionale park, was slegs ’n uur en ’n half se ry van Victoria Falls se lughawe af; dus kon ek die Vrydag vlieg en Sondag terug wees. Dit was ’n maklike besluit! (Ongelukkig kon my vrou, Renate, nie saamkom nie omdat sy hoog verwagtend was met ons tweede kind.)

Daar gekom, het die wag begin. Ek en Niel kon ons soektog eers begin as die pitta roep. Dis net die mannetjies wat roep. Dis paartyd, sien, en hy moet maat soek. Die spanning het begin opbou, maar gelukkig het die pitta darem een keer geroep die Vrydag. Dit was egter al ná sononder, en ons kon hom dus nie sien nie – maar ons het nou geweet hy’s beslis hier...

Saterdagog­gend het ons almal van halfvyf af wakker gelê en gewag vir daai eerste roep. Om tien voor vyf het hy begin roep, en ons was op sy spoor onder leiding van een van Lukosi Safari Camp se gidse. Dit is ’n groot avontuur om deur die digte rivierbos agter die roep aan te loop, want dit is leeu-, buffel-en-olifantwêr­eld!

Toe ons die pitta die eerste keer sien, het ek nogal uitge- freak. My heel eerste foto was nie presies ’n pryswenner nie (uit fokus!), maar met iets so raar soos ’n Angolapitt­a maak dit skaars saak. Ons het in die volgende twee uur redelik goeie waarneming­s gehad, en kon skaflike foto’s neem 1 , ook van die pitta se vertoonvlu­g 2 wat deel is van sy maatsoeker­y. Laasgenoem­de foto is baie kosbaar vir my, want daar is amper geen infokusfot­o’s van die pitta se vertoonvlu­g beskikbaar nie.

Ek het my Canon 5D Mk. IV met ’n 500 mm- lens gebruik. Soms moes ek van ’n ongewone “driepoot” gebruik maak 3 .

Maar toe die son helder begin skyn, het die pitta weer geswyg en was ons tydgleuf vir pittakyk daarmee heen.

Ná ontbyt het ons die gebied rondom Lukosi Safari Camp verken en op ’n trop wildehonde afgekom. Dit was besonders om later deur die foto’s op my kamera te blaai en ’n Angolapitt­a én wildehonde in één fotoreeks te sien.

Die middag het ons weer die pitta gaan soek, maar kon hom net vlugtig sien en nie ’n foto neem nie.

Die volgende oggend was ons meer ontspanne, en die pitta skynbaar ook, want hy het ons met ’n twee uur lange vertoning vermaak!

Sy vertoonvlu­g is ’n lae “hop” waar hy sy mooi vlerke sprei en die kleure vertoon, wat gepaardgaa­n met ’n padda-agtige kwaak. Hy het gepronk asof ons sy vroutjies was wat hy moet beïndruk!

Ons was histeries van opgewonden­heid en het almal baie mooi foto’s 4 gekry. Ek sou tevrede gewees het om slegs die pitta te sien, maar ons was gelukkig om sulke duidelike foto’s te neem. Die naweek was ’n reuse-sukses!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa