Weg!

DIS NOU ÉÉRS VAKANSIE

-

Hulle geniet die lewe waarvan baie mense droom as hulle vroegoggen­d in die spitsverke­er met wit kneukels op die stuurwiel sit... As afgetreden­es kan hulle hulle tentpenne vir maande by die Krugerwild­tuin of iewers langs die Weskus inslaan. Hier is ’n paar pensioentr­ekkers wat so vakansie hou dat ’n mens jaloers raak.

Hoe reis julle gewoonlik? Ons het baie gekamp. Ons het ’n 4x4 met ’n tent op ’n sleepwa gehad. My man het altyd met my geraas dat ek die hele huis saamkarwei – ek het tot ’n “kombuis” en ’n opwasbak saamgery. Ons het lank op een plek gestaan en ek wou graag geriewe by my hê. Dit was heerlik! Op hierdie reise was ons sommer soms vir weke lank weg.

Die laaste paar jaar kan ons ongelukkig nie meer kamp nie. My man is al 80 en ek 75, en hy sien nie kans om tent op te slaan nie. Ons bly nou meestal in lodges, maar omdat dit duurder is, gaan ons vir korter rukkies weg.

Waarheen het julle al oral gereis?

Cyprus, Dubai, Amerika, Kanada, Griekeland. Ons was dikwels in Botswana, want ons kinders het daar gewerk. Ook baie in SuidAfrika, soms vir tot drie maande. Ons het gery totdat ons moeg geword het en moes oorslaap.

Onlangs was ek met ’n toer na Meobbaai, suid van Walvisbaai. Ek wou die Shawneewra­k sien. Ek is dol oor hierdie deel van Namibië en was al ses keer daar. Ons gunsteling­bestemming is Torrabaai, ’n hengelpara­dys. Ons het daar vir ’n maand gekamp. Ons probeer om elke jaar vir tussen 10 en 14 dae Etosha toe te gaan. Ons het tot onlangs gekamp, maar nou bly ons in die huisies.

Ons sien dikwels van jou mooi

foto’s in Weg? Namibië het my ’n liefde vir fotografie gegee. Toe digitale kameras algemeen geword het, het ek na hartelus begin foto’s neem omdat dit toe soveel goedkoper is.

Ek het drie kameras. In die woestyn wil jy nie lense ruil nie – die sand maak dit te moeilik. Daarom sit ek een lens op my Canon 650D (wat ek gewen het) en ’n ander op ’n Canon 700D. Ek gebruik ’n Canon EF 24-105 mm- en die 70-300 mm-lens.

Ek neem ook ’n klein Canon Powershot 12 saam vir nabyfoto’s.

Tot onlangs het ek vir ’n maatskappy lugfoto’s geneem en het hulle spesiaal die deur uit die vliegtuig gehaal. Hulle noem

my Super-Ouma. Beplan julle lank aan julle reise, of doen julle dinge op ingewing?

As dit nodig is dat jy vooraf plek bespreek, beplan ons wel vooruit. Maar ’n paar jaar gelede het vriende ons genooi om saam met hulle in die Ugab- en Kuisebrivi­erloop af te ry.

Ons het basies ons goed gevat en gery. Ons kon dit doen, want die waentjie was altyd gepak en gereed om te ry. Onbeplande vakansies is soms die lekkerste. As jy buite seisoen vakansie hou, kan jy meer kanse waag en net besluit waar en hoe lank.

Op watter ouderdom gaan julle

ophou reis? Solank as wat ons gesond genoeg is, sal ons aanhou ry.

Dis so lekker om saam met jou man na die sterre te kyk of by ’n watergat in Etosha te sit. Die saamwees is belangrik.

Wat is jou raad aan pensioen

trekkers? Ek het iewers op ’n bufferplak­ker gesien: Ons gee ons kinders se erfgeld uit! Dis my raad! Moenie gaan rondsit nie.

As jy nog kan kamp, kámp. As jou gesondheid jou later inperk, gaan jy net vir korter tye weg.

 ??  ??
 ??  ?? Op pad na Kunenemond, Skedelkus
Op pad na Kunenemond, Skedelkus
 ??  ?? Brandberg White Lady Lodge-kampplek
Brandberg White Lady Lodge-kampplek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa