Weg!

AGTERHOEDE

Agter in Weg wag nóg wonderlike dinge om te lees, sien en doen!

-

IS DAAI EEN ‘PLASTIEK’?

Die straal van my koplamp swiep deur die stowwerige solder, en kaats van honderde stukke plastiek af. Ek is besig om ’n Indiese spreeunes skoon te maak en bestudeer vir die volgende paar uur die voëls se nesboumate­riaal. Hulle het duidelik ’n voorkeur vir plastiek: Dié paartjie het 560 stukke “herwin”. Hoe’s daai? Spreeus is toe wel iets werd!

Voëlkykers gebruik ook die woord “plastic” om te verwys na voëls wat uit aanhouding ontsnap of met opset deur die mens iewers anders bekend gestel is.

Dis ’n soort globaliser­ing waarmee ons kan identifise­er. Nes daar wêreldwyd – van Parys tot Perthfonte­in – bevolkings SuidAfrika­ners gevestig is, het baie voëls ook wêreldburg­ers geword. Spreeus kom van Asië, maar patrolleer nou grasperke wêreldwyd.

Die spreeu word dikwels met afsku beskou, maar ander “plastiek” voëls kry dit reg om onder die radar te bly. Soos die alomteenwo­ordige huismossie wat onder jou restaurant­tafel rondhop of op die dakbalke in jou plaaslike Pick n Pay ’n liedjie sit en sing – daai mossie is nou die wêreld se wydverspre­idste voëlspesie danksy uitbreidin­g veroorsaak deur habitattra­nsformasie, opsetlike bekendstel­lings en skeepsreis­e.

Hierdie klein stadsbewon­ers het in die laat 19de eeu by Durban vir die eerste keer in Suid-Afrika aangekom. Later het hulle ook aan wal gekom by Oos-Londen en Maputo. Na ’n aanvanklik­e 50 jaar lange pouse, het die mossies reg oor Afrika begin versprei.

Die vraag wat ek hier wil bespreek, gaan nie oor die ekologiese impak van indringers­pesies

GRYSKOPPIE nie. Nee, dis iets baie belangrike­r: Kan ’n mens hierdie voëls afmerk of nie! Mag jy hulle by jou lewenslysi­e voeg?

Die antwoord is ja. En nee. Minstens 77 ontsnapte of indringers­pesies wat hier bekend gestel is, is al in Suid-Afrika aangeteken en die meeste van hulle is nie afmerkbaar nie. (Hierdie getal sluit nie ware swerwers in nie, wat self hulle weg tot hier gevind het en beslis afmerkbaar is.) Papegaaie en watervoëls is gewilde troeteldie­re en is redelik boaan die lys, maar jy sien dalk ook ’n eksotiese loerie, spreeu of kardinaalv­oël.

Daar is egter 11 van die 77 spesies wat permanent gevestig is en daarom afgemerk mág word. Die moeilike deel is om te probeer besluit wat “permanent gevestig” beteken. Ywerige lysiemerke­rs het allerlei reëls neergelê: “Dit word afmerkbaar as daar x aantal selfonderh­oudende geslagte oor ’n tydperk van y jaar was,” ensovoorts.

Die Amerikaans­e Voëlkykver­eniging het wraggies ’n komitee om die kwessie van dié soort voëls te hanteer.

Maar het dit enigsins waarde om ’n voël af te merk as jy hom buite sy natuurlike gebied sien? Die hele storie raak effe belaglik en arbitrêr. Byvoorbeel­d: As jy voor 1980 ’n witswaan op een van die mere rondom Wildernis gesien het, kon jy dit op jou lysie gesit het. Maar as jy dié geleenthei­d misgeloop het, is dit jou verlies – Suid-Afrika se wilde swane het sedertdien uitgesterf.

Of wat van my naamgenoot, die pou? Daar is heelwat vrylopende bevolkings wat gelukkig in afgeleë valleie reg oor Suid-Afrika woon, maar Robbeneila­nd is eintlik die enigste “wettige” plek waar jy hulle kan afmerk. Poue is in 1968 daar vrygelaat en is sedertdien gevestig.

Om dié spesie op jou lysie te sit moet jy ’n amptelike toer van die eiland doen en jou nek rek om te kyk of jy een van die bus af te siene kry. (Terwyl jy daar is, kyk sommer of jy ’n Asiatiese patrys ook kan raaksien – ’n afstammeli­ng van een van ses voëls wat in 1964 deur doeanepers­oneel gekonfiske­er is.)

In 1898 het Cecil John Rhodes in ’n poging om setlaars meer tuis te laat voel verskeie spesies eie aan die Engelse platteland na Kaapstad gebring. Gelukkig het Rhodes se roeke, merels, sanglyster­s en nagtegale almal uitgesterf, maar een kolonialis het nog ’n vastrapple­k in die Skiereilan­d se denneplant­asies: die gryskoppie.

Ek is seker ons gaan in die toekoms nog baie plastiekvo­ëls sien wat gevestig word. Maar waar moet ’n mens die streep trek? Hoeveel vreugde lê daarin om ’n voël te sien wat voorheen in ’n hok was en nou vrygelaat is, selfs al ís hy van Generasie X? Of moet ons net alle plastics van ons lewenslysi­es haal en aanbeweeg? As jy dit eerste doen, sal ek ook...

– Faansie Peacock

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa