Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

Winkels? Die Kruger-bosveldkam­pe het nie restaurant­e of winkels nie. Jy kan wel hout, ys, gebottelde water en vuuraanste­kers by ontvangs koop.

Geriewe ’n Kothuis het een slaapkamer met ’n badkamer, en soms ’n slaapbank in die sitkamer. ’n Gastekothu­is het meer as een kamer en minstens twee badkamers. Die toestand van die huisies wissel van huis tot huis en van bosveldkam­p tot bosveldkam­p. Sommige lyk 27 jaar oud terwyl ander opgeknap is met moderne meubels en dekordinge – al die boskampe is in 1991 gebou. Hoe ook al, daar is alles wat jy nodig het. Al die huisies het elektrisit­eit (Eskom- of sonkrag), ’n kuierstoep en braaiplek. Onthou net, jy’s nie hier vir die geriewe nie – jy’s hier vir die vier renosters wat in die rivierbedd­ing wei.

Nommer een, asseblief. Jy kan ’n spesifieke eenheid – byvoorbeel­d no.15 langs die draad of no. 3 by die skuiling – aanvra deur die bosveldkam­p direk te kontak. Hulle sal jou sover moontlik akkommodee­r.

Wat kan ek nog doen? Die boskampe bied wildritte vanaf R328 p.p. aan. Jy kan slegs by Biyamiti op ’n begeleide oggendstap gaan teen R540 p.p.

Watter voertuig? Al die bosveldkam­pe is bereikbaar met ’n gewone sedan.

Koste Bewaringst­arief vir dagbesoeke­rs: R83 p.p. en R42 per kind. Gratis as jy ’n Wild Card het. Hou in gedagte dat alle pryse op 1 November styg.

Kontak 012 428 9111; sanparks.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa