Weg!

Koffielams­blad

- Vir 6 Voorbereit­yd 20 minute Gaarmaakty­d 3 uur

Moenie bang wees nie – die vleis smaak nie na koffie nie; dit het net ’n heerlike geur.

Jy benodig

• 4 eetlepels olyfolie • 2 teelepels komynsaad, gerooster • 4 knoffelhui­sies • 2 eetlepels roosmarynb­laartjies • 1 teelepel brandrissi­evlokkies • 1 teelepel growwesout • 800 g lamsblad • 1 rooiui, fyngekap • 2 selderysti­ngels, fyngekap • 1 teelepel fyn komyn • 1 teelepel fyn koljander • 1 teelepel gerookte paprika • 8 dadels, gekap • 12 sondroogta­maties, gekap • 1 koppie rooiwyn • 2 koppies droë suikerbone • 2 koppies moerkoffie • 2 koppies lamsaftrek­sel • 2 steranyse • 1 kaneelstok­kie • ½ koppie gekapte pietersiel­ie • skil van 1 lemoen

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 160 ºC. Pols die olyfolie, komyn, knoffel, roosmaryn, rissie en sout saam tot ’n dik smeer en vryf die vleis daarmee in. Laat dit, indien moontlik, oornag in die yskas marineer; andersins kan jy dit net so gebruik.

2 Verhit ’n swaarboomp­ot en braai die vleis tot mooi bruin en hou dit eenkant. Voeg nog olyfolie by die pot en braai die ui, seldery, komyn, koljander en paprika daarin tot geurig.

3 Voeg die dadel en tamatie by, gevolg deur die wyn. Laat dit vir vyf minute prut.

4 Sit die vleis terug in die pot en voeg die bone, koffie, aftreksel, steranys en kaneel by – sorg dat die bone met sowat 2 cm vloeistof bedek is. Verhit dit tot kookpunt.

5 Sit die pot in die oond en bak dit vir sowat drie uur totdat die bone sag is en die vleis van die been af loskom. Garneer dit met pietersiel­ie en lemoenskil.

 ??  ?? Koffielams­blad
Koffielams­blad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa