Weg!

KLASSIEKE KAMPVUURDI­NGE

-

Kos wat in die buitelug gemaak word proe net ánders – lekkerder – as kos wat jy in die kombuis by die huis maak. Dalk is dit omdat jy weer terugkeer na eenvoudige dinge. Jy maak hout bymekaar en steek ’n vuurtjie aan sodat die rook soos wierook oor jou spoel. Jy knak ’n takkie oor jou knie en sit dit op die vuur. Jy voel weer soos ’n kind!

Dalk moes jy met diep sand stoei op die tweespoorp­ad tussen Savuti en Linyanti in Botswana om by jou kampplek uit te kom. Dalk het jy die Van Zylspas oorleef en sit jy nou in ’n weggesteek­te hoekie van die Kaokoveld. Of dalk sit jy in die Krugerwild­tuin – tussen ander natuurlief­hebbers wat almal hier is vir dieselfde ding: Om weer na aan die natuur te voel.

Met die regte toerusting is dit kinderspel­etjies om in die natuur kos te maak. Jy soek taai goed, toerusting wat die stampe en stote langs die pad sal oorleef.

Dis hoekom ’n potjie ideaal is vir buitelugko­kke. Dit sal enigiets oorleef – en enigiets gaar kry! Kry die regte toebehore sodat jy meer tyd het om agteroor te sit in jou kampstoel en die geluid kan waardeer van tjoppies wat oor die kole sis.

Om by ’n piekniekpl­ek kos te maak is maklik – haal die gasstoof uit! Kort voor lank sit julle met ’n indrukwekk­ende laatontbyt wat almal anders sal laat wens hulle het ook so ’n stoof!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa