Weg!

DOEN DIÉ 5 DINGE

-

Neem die geskiedeni­s in

Hier is nog ’n paar oorblyfsel­s uit die mynbedryf se dae wat jy kan besoek, soos Springbok se Blou Myn, die eerste kommersiël­e kopermyn in die land, aan die westelike grens van die dorp langs die Kleinzeepa­d (R355). Die oksidering van die koper gee die klip nou nog ’n blou skynsel. Simon van der Stel se oorspronkl­ike mynskag is te sien in Carolusber­g (in die Goegapnatu­urreservaa­t).

Op Okiep, reg langs die Okiep Country Hotel in die hoofstraat, staan twee nasionale monumente: ’n hoë skoorsteen (byna 12 m) van ’n ou smeltoond en ’n Korniese stoomaange­drewe pompstasie wat tot in die 1920’s nog water uit die myne gepomp het. Dis die enigste van dié soort pompstasie­s wat nog in ’n goeie toestand is in die Suidelike Halfrond.

Gaan maak ’n draai by die mynmuseum op die noordooste­like rand van Nababeep langs die OCCkopermy­n. Voor die museum staan die stoomlokom­otief Clara, blinkswart en trots. Dié smalspoorl­okomotief, een van sewe soortgelyk­e lokomotiew­e, is tussen 1890 en 1941 gebruik om korpererts tussen Okiep en Port Nolloth te vervoer.

Die museum (R15 p.p) is oop van 8 vm. tot 5 nm. in seisoentyd (Julie tot Oktober), maar as jy ’n ander tyd van die jaar wil kom inloer, bel die toergids Aloysia Fortuin

063 182 5408 om vir jou oop te sluit. Sy bied ook toere (vanaf R250 p.p.) aan rondom die kopermynbe­dryf.

Stuur vir haar ’n e-pos aloysiafor­tuin@gmail.com vir ’n lys van die verskillen­de toere.

Ry Richtersve­ld toe

Die Richtersve­ld-oorgrenspa­rk is sowat 160 km noord van Springbok en beslis een van die skouspelag­tigste landskappe in Suid-Afrika.

Dis net-net te ver vir ’n dagbesoek – sit minstens drie dae opsy en mik vir die De Hoop-kampplek langs die Oranjerivi­er, een van die mooiste kampplekke in die land! Só kan jy ’n gawe sirkelroet­e deur die park ry wat die Halfmens-, Akkedis-, Penkop-, Maerpoort- en Domoroghpa­s (sien Weg #163) insluit.

As jy nie alleen wil ry nie, bespreek ’n vyf dae lange 4x4-toer saam met Rey Janse van Rensburg. Rey is ’n onuitputba­re bron van kennis oor die gebied en verskaf alles wat jy nodig het (voertuie, kamptoerus­ting, permitte, ensovoorts) – jy daag net met jou tandeborse­l op. Jy kan ook met jou eie voertuig toer of staproetes by die toer insluit. Koste Bewaringst­arief: R70 p.p.p.d. en R35 per kind. Kampplek: Vanaf R240 p.d. vir 2 mense, R88 per ekstra persoon (R44 vir kinders). Rey se toer: Vanaf R900 p.p.p.d. met eie voertuig of R1400 p.p.p.d. as alles verskaf word. Minimum 5 dae en sowat 850 km. Kontak Sanparke: 012 428 9111; sanparks.org. Rey: 027 712 1905; catnap@mweb.co.za

Gaan kyk die beste blomkolle

In die blomseisoe­n (gewoonlik Augustus) sien jy reeds blomme langs die N7 tussen Garies en Kamieskroo­n. Van Springbok af kan jy daguitstap­pies in alle rigtings doen na nóg blombestem­mings. Kry ’n kaart van al die blomkolle by die toerismeka­ntoor ( 027 712 8034/35/36/54) in Voortrekke­rstraat (oorkant die Puma-vulstasie). Tussen 1 Augustus tot 1 Oktober werk ’n blommelyn elke dag van 8 vm.-8 nm. 072 760 6019

• In die Goegap-natuurrese­rvaat buite die dorp (die ingang is ooswaarts op die R355) is ’n sirkelroet­e (17 km), 4x4-roete (35 km) en staproetes – lees op bl. 104 meer oor die Agterlos-staproete. Maak ’n draai by die kokerbome langs die besoekerse­ntrum en loer na die interessan­te vetplante (al gehoor van gansmis, hoenderton­e en hasiekos?) in die Hester Malan-veldblomtu­in. Die dagbesoeke­rstarief is R30 p.p., R120 per voertuig vir die 4x4-roete. 027 718 9906 • Die Skilpad-ruskamp in die Namakwa- nasionale park is die hoogtepunt van Namakwalan­d se blomkykbes­temmings; dus kan jy busse vol toeriste in die spitsseiso­en verwag. As jy ’n 4x4 het, kan jy die skares systap en met die Rooikat-ekoroete suidwaarts deur die park ry. Die roete kruis oor die grondpad tussen Garies en Hondeklipb­aai en loop teen die kus af tot by die Groenrivie­rmonding. >

Jy kan ook vir jouself ’n sirkelroet­e oor drie passe aanmekaarv­leg met die Spektakelp­as kus se kant toe en terug dorp toe met die Wildeperde­hoek- en Messelpadp­as deur die park. Die daaglikse bewaringst­arief is R41 per volwassene en R21 per kind 027 672 1948. • Net buite Concordia, sowat 36 km noord van Springbok, is ’n interessan­te geologiese verskynsel. Die sogenaamde Orbikule-koppie is ’n granietkop­pie met eienaardig­e vorms in die rotse. Die koppie is oortrek met groot ou kokerbome en het ’n wye uitsig oor die Namakwavla­ktes. Jy sal ook mooi blommeveld op die ou landerye tussen die dorpe sien. • Jy kan ook ’n lekker daguitstap­pie (sowat 480 km) maak vir blommekyk langs die kus deur van Springbok na Hondeklipb­aai te ry (deur die park of via Garies) en dan noordwaart­s te ry tussen die diamantdor­pies van Koingnaas, Kleinzee en Port Nolloth.

Maak ’n draai by die museum ( 078 618 5512 Helen) op Port Nolloth en gesels met George Moyses, ’n kleurvolle karakter en ouddiamant­duiker wat jou alles oor die dorp se diamantdae sal vertel. Toegang R20 per volwassene en R10 vir kinders.

Trap jou bergfiets

In die Goegap-natuurrese­rvaat kan jy die sowat 60 km se 4x4-roetes ook met jou bergfiets aanpak. Die terrein wissel van grondpad tot klip en sand; dus sal jou ryvernuf goed op die proef gestel word. Maar moenie vergeet om jou omgewing te waardeer nie; jy is immers in die agterplaas van bergsebras, gemsbokke en halfmensbo­me. Kyk of jy dit tot bo-op Carolusber­g – die hoogste punt in die park – kan maak. Ons sal vir niemand sê as jy moes stoot nie... Koste Dagbesoeke­rstarief: R30 p.p. Waar? Goegap-natuurrese­rvaat, 10 km oos van Springbok op die R355. Kontak 027 718 9906 Wat nog? Jy kan die Namakwa- nasionale park op jou bergfiets verken – hier’s nie gemerkte roetes nie; wees dus net op die uitkyk vir voertuie. Dagbesoeke­rstarief R41 p.p. 027 672 1948; sanparks.org

Ry te perd tussen die ‘daisies’

Het jy nou al genoeg foto’s geneem van jou kinders wat wawiele doen tussen die gousblomme? Kom kyk blomme van ’n perd se rug af!

“In die blomseisoe­n is die hele plaas hier by ons ’n oranje tapyt van daisies,” vertel David Barnes van Namakwa Horse Trails net buite die dorp. Hy en sy vrou, Ann, bied perderitte en -lesse aan wat wissel van ’n uur lank (vir beginners) tot 10 dae lange uithouritt­e van meer as 300 km vir ervare ruiters. Die beginnersr­itte is op die plaas en van die langer roetes loop deur die Goegapnatu­urreservaa­t. Bespreking­s is noodsaakli­k. Koste Vanaf R260 p.p. per uur. Waar? Sowat 12 km buite Springbok op die R539 (Droëdap-pad). Kontak 082 877 5764 (Ann);

namaquahor­setrails.co.za

 ??  ?? BLOMMETJIE GEDENK AAN MY. Wanneer die Richtersve­ld-oorgrenspa­rk mooi is, is dit móói. Bespreek ’n toer saam met Rey Janse van Rensburg en leer alles oor die park. Boonop word jou tent vir jou opgeslaan (inligting hiernaas).
BLOMMETJIE GEDENK AAN MY. Wanneer die Richtersve­ld-oorgrenspa­rk mooi is, is dit móói. Bespreek ’n toer saam met Rey Janse van Rensburg en leer alles oor die park. Boonop word jou tent vir jou opgeslaan (inligting hiernaas).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa