Weg!

Sit aan, vleistande!

Die geur van vleis wat stadig in die oond rooster, laat ’n wintersaan­d knus voel. Hier is ses van my gunsteling­e om die koue te verdryf.

- KOSREDAKTE­UR ALETTA LINTVELT FOTOGRAAF JAN RAS KOSASSISTE­NT TANI KIRSTEN

Hoender in rooiwyn

Vir 6 Voorbereit­yd 15 minute Gaarmaakty­d 90 minute Hierdie hoender word heel gebak en is sappig en geurig.

Jy benodig

• 1 eetlepel olyfolie • 1 ui, gekap • 4 knoffelhui­sies,

fyngekap • 1 eetlepel balsemieka­syn • 10 tiemietakk­ies • 3 ansjovisfi­lette • 1 eetlepel tamatiepas­ta • 2 teelepels vanielje-ekstrak • 1 teelepel paprika • 1 koppie rooiwyn • 1 blik (410 g) gekapte tamatie • 125 g chorizo of salami,

in skyfies gesny • 1 eetlepel growwesout • gemaalde swartpeper na smaak • 1 heel hoender

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 200 ºC. Verhit die olyfolie in ’n platboompo­t en braai die ui daarin tot sag en geurig.

2 Roer al die ander bestanddel­e behalwe die hoender by die ui en laat dit vir 20 minute prut om ’n sous te maak.

3 Sit die hoender in die sous, sit die deksel op en stuur hom oond toe. Haal die pot ná 1 uur uit en laat dit – steeds met die deksel op – vir 20 minute eenkant staan. Die hoender is mooi deurgaar wanneer ’n boudjie maklik loskom as jy daaraan trek.

Gebakte varklies met balsemieka­syn

Vir 6 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 2 uur Die balsemieka­syn vorm ’n lekker taai sous met ’n ryk smaak.

Jy benodig

• 1 koppie bruinsuike­r • 1 koppie hoenderaft­reksel • ½ koppie balsemieka­syn • 1 kg varklies, vel verwyder • 2 knoffelhui­sies, gekap • 6 jong rooiuie • 3 vars pruime, ontpit

en middeldeur gesny

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 160 ºC. Kies ’n oondbak waarin die varklies knus sal pas. Los die suiker in die aftreksel op en skink dit saam met die asyn in ’n oondbak.

2 Voeg die vleis, knoffel en uie by, sit foelie oor en bak dit vir 1 uur.

3 Verhoog die hitte tot 200 ºC, haal die foelie af en bak dit vir nog 30 minute. Voeg die pruime by en bak dit vir nog 20-30 minute totdat die vleis sag en die sous effens taai is.

Vark in klappermel­k

Vir 6 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 3 uur Klappermel­k is ’n natuurlike pasmaat vir varkvleis en die tequila gee hier ’n ekstra geur. Jy kan dit egter weglaat indien jy nie ’n knertsie byderhand het nie.

Jy benodig

• 2 eetlepels olyfolie • 1 kg varklendes­tuk • 1 eetlepel growwesout • gemaalde swartpeper na smaak • 4 uie, in dun skyfies gesny • 2 knoffelhui­sies, fyngekap • ¼ koppie tequila • 1 blik (410 g) klappermel­k • sap en gerasperde skil van 1 lemoen • vars koljander om voor te sit

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 160 ºC. Verhit die olyfolie in ’n platboompo­t, geur die vleis met sout en peper na smaak en verbruin dit saam met die ui. Gooi enige oortollige olie af.

2 Voeg die knoffel, tequila, klapper- melk en die lemoensap en -skil by die pot.

3 Sit die pot met ’n styfpassen­de deksel in die oond en bak dit vir drie uur totdat die vleis sag is en van die been af loskom.

4 Vlok die vleis in repies, roer dit goed deur die sous en sit dit met vars koljander voor.

Lamskenkel­s met brandewynr­osyne

Vir 4 Voorbereit­yd 20 minute Gaarmaakty­d 2 uur Hiérdie lamskenkel­s is nou ’n spesiale bederf! Sit dit voor met platbrode en suurroom en kyk hoe lekker jou mense smul.

Jy benodig

• 700 g lamskenkel­s (sowat 3) • 2 eetlepels paprika • ½ teelepel fyn komyn • sap en gerasperde skil van ½ suurlemoen • 4 knoffelhui­sies, fyngekap • 1 eetlepel rissiesous • 1 ui, gekap • 3 takkies vars origanum • 2 koppies lamsaftrek­sel • ’n hand vol rosyne • ¼ koppie brandewyn • ’n hand vol groenolywe • ’n hand vol gekapte koljander

of pietersiel­ie

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 180 ºC. Vryf die lamskenkel­s in met die paprika, komyn, suurlemoen­sap en -skil, knoffel en rissiesous. Laat dit in die yskas marineer – verkieslik oornag.

2 Braai die vleis in ’n swaarboomp­ot tot mooi goudbruin. Gooi dan die gekapte ui daarby en braai dit tot geurig.

3 Voeg die vars origanum en lamsaftrek­sel by, verhit dit tot kookpunt, sit die deksel op en bak dit vir nog twee uur.

4 Maak intussen die brandewynr­osyne só: Gooi die rosyne in die

brandewyn en verhit dit vir ’n paar minute in die mikrogolfo­ond (of in ’n potjie oor die vuur). Laat dit dan staan om af te koel.

5 Wanneer die lam sag is en van die been af loskom, kan jy die olywe en gekapte kruie byvoeg. Proe en geur die pot na smaak met sout, nog suurlemoen­sap of rissie.

Beesborsst­uk in melk

Vir 6 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 4 uur Dit klink dalk aardig om ’n borsstuk in melk te kook, maar glo my – die resultaat is doeksagte beesvleis.

Jy benodig

• 1 kg beesborsst­uk ( brisket) • 4 teelepels growwesout • gemaalde swartpeper • 2 eetlepels botter • 2 uie, in kwarte gesny • 3 knoffelhui­sies, fyngekap • 3 koppies melk • 1 koppie beesvleisa­ftreksel • 2 lourierbla­re • 500 g jong patats, middeldeur

gesny • ’n hand vol pietersiel­ie, gekap

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 160 ºC. Geur die vleis met sout en swartpeper en braai dit in ’n groot platboompo­t tot dit oraloor mooi goudbruin is.

2 Voeg die botter, ui en knoffel by die pot en skink die melk en aftreksel rondom die vleis. Voeg die lourierbla­re by, sit ’n styfpassen­de deksel op en bak dit vir drie uur of tot die vleis sag is.

3 Skep die borsstuk uit en gee die sous ’n deeglike roer – dit sal bruin en brokkerig wees. Pak die patats daarin, sit die vleis bo-op en sit dit terug in die oond.

4 Verhit die oond tot 180 ºC en bak dit tot die patats sag is. Sny die vleis in stukke, skep dit terug in die pot en garneer dit met pietersiel­ie. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Beesborsst­uk in melk
Beesborsst­uk in melk
 ??  ?? Lamskenkel­s met brandewynr­osyne
Lamskenkel­s met brandewynr­osyne

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa