Weg!

OOS-AFRIKA

Het jy al ooit gedroom van ’n selfryvaka­nsie deur Oos-Afrika? Vier Weg- lesers vertel hoe ’n mens dié uitdaging aanpak. Dis makliker as wat jy dink!

- SAAMGESTEL DEUR TOAST COETZER

’n Selfryvaka­nsie deur Oos-Afrika is ’n haas onmoontlik­e taak vir “gewone mense”... of hoe? Watwo, sê hierdie Weg- lesers, en deel hulle reisplanne

Paspoort? Bakkie? GPS? ’n Ietsie in die bankrekeni­ng? Dan is jy reg vir ’n lang reis deur Afrika! Ons is bevoorreg om ’n vasteland van eersteklas bestemming­s te hê: Hoe lyk die Ngorongoro regtig? Is die Maasai Mara se kuddes so talryk soos hulle sê? Dan is daar die kleiner lande soos Rwanda en Uganda, waar jy berggorill­as kan besoek. Daar is Afrika se Groot Mere, berge soos Meru en Kilimandja­ro, reënwoude, savannevel­d, bosveld, koraalstra­nde, ou handelsdor­pe...

Moenie uitstel nie. Toe ek die eerste keer in 2012 tot by Dar es Salaam gery het, was ek verbaas hoe maklik dit was. Ek het destyds in Weg se Condor gery sonder ’n daktent, langafstan­dpetrolten­k of spesiale ombouings.

Ek het my tent afgestof, ProVita en blikkies sardiens in my koskratte gepak, my dokumente in orde gekry en Kaapstad verlaat – ’n paar weke later het ek weer die see gesien, dié slag aan die ooskus van Afrika.

In hierdie artikel vertel die jong reisigers Caro en Hugo Minnaar en die gesoute reisigers Iza en Ben Kriel hulle reisverhal­e. Ek hoop hulle stories inspireer jou ook om die kratte te begin pak en noord te mik...

– Toast Coetzer >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa