Weg!

MENSE SE LENSE

-

’n Jakkals drink water, ’n swartreier maak sambreel en ’n krap koekeloer uit sy gat – bespreek Toast dalk dié maand jou foto?

Nikon D7200 Sigma 150-500 mm-lens

KARIEN VERTEL: My man het in sy jonger jare gereeld die Kgalagadio­orgrenspar­k (destyds sommer net genoem “die Gemsbokpar­k”) besoek, maar ek was nog nooit daar nie. Ons woon nou in Pretoria en het die afgelope drie jaar probeer om plek te kry, maar was altyd teleurgest­eld omdat dit so gou volbespree­k word.

Maar ons was onlangs gelukkig en het vir ses aande plek gekry. Ek het ’n dorre woestyn verwag, maar toe reën dit op drie van die dae!

Die vierde nag het ons in die noorde van die park in die Gharagab-wildernisk­amp geslaap.

Dit het dwarsdeur die nag gereën, maar dit het gelukkig teen rytyd ophou drup. Die pad was omtrent onder water en by tye het ek gevoel ons het eintlik ’n boot nodig. Op die 112 km van Gharagab na Nossob moes ons deur 113 poele water ry – ja, ek het getel!

Halfpad Nossob toe sien ons dié jakkals in die pad aangedraf kom. My man het die voertuig effens skuins gedraai om vir my ’n beter hoek te gee.

Die jakkals het eers gaan staan, toe besef dat ons hom niks gaan aandoen nie, en daarna na die poel gestap en begin drink – maar ons steeds uit die hoek van sy oog dopgehou.

Tot ons jou weer sien, Kgalagadi!

TOAST SÊ: Dis besonders om ons droë parke in die reënseisoe­n te sien – ’n transforma­sie vind voor jou oë plaas.

Uit ’n fotograaf se oogpunt is dit ook lekker, want jy kry die geleenthei­d om ongewone foto’s te neem. Die diere se gedrag is ook anders. Hulle doen dinge wat hulle nie ander tye van die jaar kan doen nie – soos water in die pad drink!

Karien se lang zoemlens sorg dat die voor- en agtergrond redelik uit fokus gegooi is. Jy soek dit gewoonlik by dierefoto’s, want jy wil hê die hoofvoorwe­rp (die jakkals) moet uitstaan. Tog is die voorgrond soms belangrik. Kyk hier na die weerkaatsi­ng: daarsonder is Karien se foto steeds mooi, maar sonder die X-faktor.

Mét die weerkaatsi­ng is dit sommer ons wenfoto hierdie maand! Gelukkig was die weerkaatsi­ng nog sigbaar genoeg in die voorgrond. Jy wil tog steeds die spieëlbeel­d duidelik kan uitmaak. Die lae hoek waaruit sy die foto kon neem – danksy haar man wat die kar so mooi vir haar gedraai het – was ook belangrik.

Goeie werk, Karien! Geniet jou Stevenson-Hamilton-hoed.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa