Weg!

FOTOPORTEF­EULJE

- SHELLEY CHRISTIANS

Marcus Jooste se makrofotog­rafie skep ’n droomwêrel­d met ’n onwaarskyn­like held in die hoofrol

Die fotograaf Marcus Jooste het hom van kleins af verkyk aan skoenlappe­rs en ander goggas op hulle plaas in Zimbabwe. Dié belangstel­ling het later gegroei tot ’n liefde vir makrofotog­rafie, met sy kamera wat soos ’n vergrootgl­as die wêreld in die kleine oopsluit.

Uiteindeli­k het een nederige ongewerwel­de al hoe meer die kollig begin steel – ’n gewone tuinslak met die naam Vincent. ( Vincent het reeds sy buiging in

Weg #133 gemaak.) Marcus skep ’n towerwêrel­d waarin Vincent die hoofkarakt­er is. Dis haas g’n maklike taak om dié byna sprokiesag­tige tonele te skep nie – hy doen dit met goed soos sampioene, blare en blomme, en gee dan lewe daaraan met verskillen­de beligtings­tegnieke.

“Ek streef daarna om soveel as moontlik met die kamera self reg te kry,” sê Marcus, wat net klein verstellin­gs in Lightroom aan goed soos skerpheid en kleur maak. “Ek beskou myself as ’n fotograaf, nie as ’n digitale kunstenaar nie.”

Hy pluis eers dae lank ’n storielyn uit en bou noukeurig die stel – soms binnenshui­s en soms buite in die tuin. Eers as alles perfek is, is dit tyd vir die éintlike ster om op die verhoog te verskyn... >

SAAMGESTEL DEUR

 ??  ??
 ??  ?? MARCUS JOOSTE Marcus bly in Lusaka, Zambië, en reis wyd en syd vir sy werk in die kommersiël­e verkoeling­besigheid. Gaan kyk by 500px.com/ marcus-jooste na nog van sy foto’s.
MARCUS JOOSTE Marcus bly in Lusaka, Zambië, en reis wyd en syd vir sy werk in die kommersiël­e verkoeling­besigheid. Gaan kyk by 500px.com/ marcus-jooste na nog van sy foto’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa