Weg!

ROB DICKIE van Kaapstad skryf:

-

Ons het op ’n gompou afgekom naby die afdraai na die Auchterlon­ie-piekniekpl­ek in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Ons was verbaas om ’n dooie meerkat in sy snawel te sien!

Die gompou het veld-in gestap, die meerkat laat val en weggestap. Ons was nuuskierig of ’n gompou ’n meerkat sou vang, maar het tot die gevolgtrek­king gekom dat die meerkat waarskynli­k doodgery is. Ons het later die res van die gesin teëgekom wat soek vir hulle maat. Ek hoor graag wat julle kenners dink.

MICHO FERREIRA, ’n senior afdelingsv­eldwagter in die Kgalagadio­orgrenspar­k antwoord: Dis moeilik om ’n antwoord te gee as ’n mens nie al die feite het nie, byvoorbeel­d hoe oud was die gompou, hoe groot was die meerkat, ensovoorts. Gompoue verkies insekte, veral miskruiers; klein reptiele soos akkedisse en verkleurma­nnetjies; en sade, bessies, bolle en selfs akasiagom. ’n Soogdier so groot soos ’n meerkat is nie ’n algemene eetding vir ’n gompou nie – dis waarskynli­k hoekom die voël die meerkat laat gaan het. Dit kan wees dat dit ’n jong voël was wat bloot uit nuuskierig­heid die knaagdier opgetel en toe besef het dit is te groot om te sluk. Dit kan ook wees dat daar reeds maaiers op die karkas was, wat ’n gewilde happie vir insekvrete­nde voëls is.

Ek stem saam met Rob – die meerkat is waarskynli­k doodgery.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa