Weg!

MARLEY’S BREAKFAST CAFÉ, ADDO

- – Suzaan Hall

Wanneer jy vroegoggen­d op pad is na die Addo-olifant- nasionale park, moet jy by Marley’s stop vir ontbyt op die stoep.

Die eienaar, Mareli Meyer, het in die omgewing grootgewor­d en die geleenthei­d aangegryp om ’n eetplek langs die Orange Elephantba­ckpackers oop te maak. “Die backpacker­s bedien nie onbyt nie, en ons is ’n ontbytopsi­e vir die mense – meestal toeriste – wat daar oorbly,” sê sy.

Marley’s is net buite die dorpie Addo en bied wat die naam sê: ontbyt. Die spyskaart is sonder fieterjasi­es, maar goeie waarde vir geld: Hou dit eenvoudig met ’n Early Bird-ontbyt (R30 vir spek, eier en roosterbro­od) bou jou eie omelet (R15 vir 2 eiers, en vanaf R5 per vulsel), of gaan groot met die Farmhouse-ontbyt (R70 vir spek, eiers, boerewors, skyfies, tamatie en roosterboo­rd). In die somer is hier ook smoothies en vrugte met jogurt op die spyskaart.

Daarsy, nou is die hele gesin reg om te gaan olifante soek! Oop Dinsdag-Sondag 7.30 vm.-11 vm. (September-April); 8 vm.11 vm. (Mei-Augustus)

Waar? Langs die R335 (die Patterson-pad) aan die regterkant van die pad, sowat 2,5 km ná die R336-afdraai (van Port Elizabeth se kant af ). Van hier af is dit 8,5 km tot by die hoofhek van die Addo-olifantpar­k.

Kontak 082 870 0322 (Mareli); marleys.cafe@outlook.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa