Weg!

ONTMOET DIE SKRYWER

-

Die Australies­e skrywer Tony Park het sedert 2004 reeds 15 spanningsr­omans gepublisee­r wat almal in Afrika afspeel en dikwels

bewaringsk­wessies as tema het. Sy boeke is vertaal in onder meer Nederlands, Duits, Russies en Hongaars. Hy is al as Afrika se tweede Wilbur

Smith beskryf. Tony is só lief vir die bos dat hy deesdae ses maande van die jaar in Suid-Afrika woon. Hy vertel ons meer van sy skrywersle­we en sy

splinternu­we roman, Captive, wat in Suid-Afrika en Mosambiek afspeel.

Vertel ons van jou eerste besoek aan SuidAfrika. In 1995 het my vrou, Nicola, vir ons ’n selfryvaka­nsie in Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana bespreek. Ons het van Sydney na Johannesbu­rg gereis, en met ’n gehuurde Toyota Corolla sonder lugverkoel­ing reguit Kruger toe gery. Die eerste kamp waar ons oornag het, was Pretoriusk­op, en dit bly steeds ons gunsteling­kamp. Die vakansie was opwindend, onvoorspel­baar en anders as enigiets wat ek al ervaar het. Dit was veronderst­el om ’n eenmalige vakansie te wees, maar ons het reeds ná een week in die bos ons terugkeer begin beplan.

Jy het jou eerste boek op ’n latere safari geskryf? Ja, met ons derde besoek aan die land het ons ’n ou Land Rover gekoop en vier maande lank deur Suider-Afrika getoer. Ek het reeds by ons eerste oornagplek – wéér Pretoriusk­op – my skootreken­aar uitgehaal en besluit om ’n boek te probeer skryf. Ek het tevore ’n roman probeer skryf wat in Australië se Outback afgespeel het, maar dit is nooit gepublisee­r nie. Maar by Pretoriusk­op het ’n oorlandvoe­rtuig langs ons geparkeer en ek het besluit om ’n avontuurve­rhaal oor só ’n toer te skryf. Ek het die reëlboek weggegooi en sonder ’n beplande storielyn begin. Elke dag het ek geskryf soos ons gereis het. Daardie eerste boek, Far Horizon, is in 2004 gepublisee­r.

Skryf jy steeds jou boeke op die plekke waar jy reis? Ja, lesers kan die roetes van ons reise deur wildreserv­ate en dorpies in die boeke volg. Dit is vir my belangrik om in die oomblik inspirasie te kry by mense en die natuur. Ek moet luister waaroor die mense praat en hoe hulle met sekere kwessies omgaan, soos stropery. Ek probeer om ses dae per week 1 800 woorde per dag te skryf wanneer ek en my vrou saam op safari gaan. Die karakters leer ken ek soos ek vorder en ek werk steeds sonder ’n beplande storielyn of struktuur. Ek kan nie ’n roman sit en skryf in ’n tweeslaapk­amerwoonst­el in Sydney en die bos vasvang nie. Ek moet die voëlgeluid­e en die brul van ’n leeu kan hoor en ’n braai in die aand kan ruik. Wanneer ek ’n plek soos Manapoele in Zimbabwe besoek, haal ek gewoonlik vinnig my skootreken­aar uit en begin skryf.

Die plekke inspireer my só dat ek nie anders kan nie as om my gewaarword­inge te begin opteken. Om te reis en te skryf is al wat ek in my lewe wil doen. Ek is baie lief vir my werk en weet nie hoe ek anders my tyd sou deurbring nie.

Wie geniet jou boeke? Ek was nogal verras om te hoor dat meer vroue as mans my boeke lees. Dis gemik op enigeen wat belang stel in die bos en in bewaring en die probleme wat deur Afrika se wildlewe in die gesig gestaar word. En veral mense wat ondanks al die probleme steeds optimistie­s bly. Ek hou van ’n gelukkige einde.

Watter ander skrywers se boeke lees jy graag? Bill Bryson is my gunsteling. Ek het onlangs sy boek The Road to Little Dribbling gelees, waar hy Engeland herbesoek as ’n effens nukkerige ouer man. Dis die opvolg van sy Notes from a Small Island. Ek bewonder sy humor en sy vermoë om die kern van ’n plek en sy mense vas te vang.

Jy woon deesdae ses maande van die jaar in Suid-Afrika? Die Laeveld is my ander tuiste. In Sydney geniet ek en my vrou die stadslewe en by die Sabiepark-natuurrese­rvaat woon ons digby die Kruger, in ’n huis in die bos wat omring is deur diere. Die reservaat het ’n inwonende luiperd en ’n lieflike piekniekpl­ek op die Sabierivie­r. Julle kamp steeds gereeld. Enige wenke vir ons lesers? Kamp mag dalk ongemaklik wees, maar pak altyd ’n regte kussing en duvet in.

Sorg dat jy ’n goeie yskas het; ’n koue bier los die meeste probleme op.

Gesels voor die tyd met ander mense, maar gaan kyk en besluit dan self oor die plekke wat jy besoek.

Vertel ons van jou nuwe boek Captive, wat in Suid-Afrika en Mosambiek afspeel. Ek het al verskeie wildveeart­se ontmoet. Hierdie mense is soos soldate in die oorlog teen stropery en word dikwels blootgeste­l aan trauma en tragedie. Maar hulle hou eenvoudig aan werk. Ek het besef hier is ’n storie wat wag om vertel te word met ’n wildveeart­s as een van die karakters.

Die boek kyk ook na nieregerin­gsorganisa­sies en die politiek wat daar afspeel. Maar eintlik gaan dit oor die onblusbare veggees van goeie mense. Ons raak so gewoond aan al die terugslae en verliese dat ons die goeie bewaringsw­erk op ’n daaglikse basis miskyk, en ek wou daarop fokus.

Hoe lyk die res van jou jaar? Ek het sedert my eerste roman gepublisee­r is, nog elke jaar ’n nuwe boek geskryf. Vanjaar is ek bevoorreg om twee boeke te publiseer, Captive in April en Scent of Fear in Desember, wat gaan oor snuffelhon­de wat ingespan word in die oorlog teen stropery.

Daar word deesdae gereeld van hierdie honde gebruik gemaak naby ons blyplek in die Laeveld. En dan beplan ek ’n volgende roman wat afspeel in die Kgalagadi en in Namibië; dus is dit weer tyd vir my en Nicola om op ’n safari te gaan...

Captive word uitgegee deur Pan MacMillan en kos R290 in boekwinkel­s.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa