Weg!

KOOS BOTHA

-

Nikon CoolPix P900

TOAST SÊ: Koos het dié swartreier afgeneem by die Marie valevleila­nd net buite Nigel.

Sy Nikon CoolPix P900 is ’n superzoem-kamera met ’n ingeboude zoem van 83x – meer as genoeg vir voëlfoto’s, veral as die lig goed is. Hierdie soort kamera werk beter in sterk daglig.

Koos het sy P900 op een van die voorafinge­stelde spesialism­odusse gesit – die voëlmodus.

Die spesialism­odusse word gewoonlik aangedui met een of ander ikoon op ’n draaiwiele­tjie op jou kamera, soos die makromodus, of die een vir landskappe, portrette, aksie of selfs vir sonsonderg­ang, of kunsmatige beligting (soos byvoorbeel­d vir ’n vuurwerkve­rtoning ).

Hierdie spesialism­odusse sorg dat die kamera outomaties die werk vir jou doen binne sekere omstandigh­ede. Wanneer jy voëls afneem, wil jy tipies inzoem, daarom het jy ’n hoë sluiterspo­ed nodig om kameraskud te beperk.

Nog ’n rede waarom jy ’n vinnige sluiterspo­ed soek, is ingeval die voël aan die beweeg is.

Wanneer ek die “File Info” van Koos se foto bekyk, kan ek sien dat die kamera die sluiterspo­ed (vanself) 1/500ste van ’n sekonde gemaak het. Netjies, nè?

Maar wat régtig netjies is, is Koos se foto! Ek is gek oor die weerkaatsi­ng in die water – simmetrie is altyd goed vir ’n foto, want dit verdubbel die mooigeit! >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa