Weg!

WALTER PRETORIUS

-

Leica M8 Voightland­er 21 mm-lens

WALTER SKRYF: Ek het hierdie foto geneem in Van Reenenspas langs die N3 op die grens van die Vrystaat en KwaZulu-Natal.

Dis deel van die gedenkmuur agter die kerk waar geliefdes hulle naasbestaa­ndes se name aanbring – dikwels mense wat op Van Reenenspas gesterf het. Daar was vir my iets simbolies omtrent die oop hekkie en engeltjie.

My verstellin­gs was: sluiterspo­ed 1/125ste van ’n sekonde, lensopenin­g f7.7 en ISO 160.

Ek is ’n groot aanhanger van Leica-kameras. Ek het ’n klein besigheid waar ek oogstukke vir Leicas vervaardig. My kliënte is hoofsaakli­k oorsee en ek het al heelwat onderhoude met fotograwe gedoen waarvan daar ’n paar op my webtuiste is ( walterleic­a.com).

Al my lense kom uit die 1950’s, die dae toe lense nog met die hand geslyp is. Ek hou van swart-witfoto’s: Ek voel sekere voorwerpe word beter blootgeste­l daarmee.

Dit laat jou gedagtes meer vryheid toe – kleur beperk dit. Dis amper soos om ’n storie oor die radio te hoor. TOAST SÊ: Walter het ’n punt beet. Swart-wit-foto’s wys jou op die nuanse van ’n toneel. Kyk hoe jou oog nou geboei word deur die verskillen­de skakerings grys, veral sigbaar in die blare (wat andersins groen of bruin sou wees).

Die ander aspek wat dikwels versterk word in ’n swart-wit foto, is tekstuur. Die blare, boombas, klipmuur en die kartels van die hekkie sorg dat daar g’n “dooie” hoek in dié raam te bespeur is nie.

Onthou dat jy met sommige D-SLR-kameras ook ou lense uit die filmera kan gebruik. Jy sal harder moet werk en self die f-stop en sluiterspo­ed moet stel, want die kontakpunt­e tussen ’n ou lens en ’n nuwe kamera “praat” nie altyd met mekaar nie. Jy sal dus die beligting self moet interprete­er, of ’n afsonderli­ke ligmeter moet inspan. Jy kan ook ’n tweede kamera (moderne D-SLR of soortgelyk) gebruik om die lig te meet, en dan met die handmodus die beligting dienooreen­komstig verstel op die kamera waarop jy met die ou lens skiet.

Daai sak vol ou lense in jou oupa se hangkas kan ’n skatkis wees! Gaan eksperimen­teer gerus.

’n Puik foto, Walter, en dankie dat jy die vlag swaai vir swart-wit-fotografie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa