Weg!

ZELDA VAN STADEN

-

@zelda_zeee Canon EOS 1300D Canon 50 mm-lens

ZELDA SKRYF: Dit het als begin toe ek en my kêrel foto’s wou neem in ’n veld vol geel blommetjie­s. Ons het gedink die blommeseis­oen is verby, maar ná ’n bietjie navorsing het ons besluit dat die Caledondis­trik dalk iets kan bied. Ons het ’n vriendin, wat ’n danseres is, oorreed om vir ons model te speel vir die dag.

Ná ’n hele rukkie se gesoek na ’n mooi stuk veld vol blomme het ons hierdie plek opgespoor. Ons het die vriendin gevra om in die veld te dans, maar dis natuurlik nie die maklikste ding om te doen nie. Ek dink toe dat ’n kreatiewe oplossing sal wees om eerder haar voete in die lug af te neem. Iets ouliks wat mense sal laat glimlag – dit was my idee!

TOAST SÊ: Mense praat baie daarvan dat jy “uit die boks” moet dink, maar dis moeilik wanneer dit kom by fotografie. Ek weet ek val self gou terug in gevestigde gewoontes – ek neem nou al 25 jaar lank foto’s en doen dinge byna op refleks. Maar dan sit ek met foto’s wat dieselfde begin lyk.

Instagram is ’n puik app (maar pasop, dis verslawend!) waar jy ander fotograwe se werk van reg oor die wêreld kan volg. Soek inspirasie by ander mense wat nes jy probeer om hulle fotografie­vaardighed­e te verbeter. Soms is jou “uit die boks” ’n ander ou se “doodgewoon,” maar sorg dat jy nie as fotograaf stagneer nie – of jy nou 14 of 64 jaar oud is...

Zelda hét “uit die boks” gedink. Sy en haar kêrel het vooraf ’n visie met hulle foto-ekskursie gehad, maar hulle moes dit aanpas toe Plan A nie uitgewerk het nie. Plan B was toe beter!

Deur net op die persoon se voete te fokus word hierdie nou iets aweregs wat bo ander foto’s uitstaan. Almal neem iemand af in ’n see van blomme – maar wie neem net die voete af? Zelda! >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa