Weg!

CLINT RALPH

-

@clintralph_sa Canon EOS 1DX Mk. II Canon f4-600 mm-lens

CLINT VERTEL: Ek en ’n vriend was by ’n watergat in die Etoshanasi­onale park en het opgelet dat ’n grootjagar­end heen en weer vlieg. Ek sê toe vir my vriend ons moet ’n ogie op die arend hou, want dit lyk asof hy besig is om te jag.

My woorde was skaars koud of die arend duik af en vang hierdie duif. Alles was letterlik binne sekondes verby.

Ek het skote gekry soos die arend ingekom, die duif gevang en weer weggevlieg het: 10 foto’s in een sekonde!

Jy kan soms nie glo hoe vinnig dinge in die natuur gebeur nie...

TOAST SÊ: Jissie, Clint, wat ’n goeie aksiefoto!

Kyk, dit help dat Clint die regte toerusting het (sy kamera én lens is van die beste wat jy kan kry), maar foto’s soos hierdie word nie net deur toerusting geneem nie.

Clint is ’n gesoute watergatsi­tter en kon met die eerste oogopslag sien die grootjagar­end is waarskynli­k hier om besigheid te doen.

Hy was dus gereed. ’n Goeie natuurfoto­graaf moet ook ’n student van die natuur wees. Jy moet na die groter prentjie kyk. Hoekom raas die voëltjies in ’n spesifieke boom? Dalk is daar ’n slang of tierboskat verskuil.

Hoekom kyk al die rooibokke heeltyd sóóntoe? Dalk lê ’n luiperd laag in die lang gras.

’n Roofvoël soos die grootroofa­rend is nie iets wat vir kwaadgeld bo ’n watergat rondvlieg nie. As hy net kom drink of bad het, sou hy gekom en gegaan het. Deur op die voël se gedrag te let kon Clint voorspel dat iets gaan gebeur. Dit het beteken dat hy slaggereed was vir die oomblik toe dit wél kom.

’n Puik foto, Clint!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa