Weg!

WAAR SLAAP EK?

-

Soek-’n-Slapie het verskeie opsies in drie gerestoure­erde selfsorghu­ise in Kerkstraat wat wissel van ’n drie- tot ’n sesslaapka­mer – perfek vir ’n groep vriende wat saam deur die Karoo toer. Die kamers is dubbel en en suite, en elke huis het ’n paar braaiplekk­e om van te kies. Koste R700 p.n. vir 2 persone (R400 enkel) Kontak 083 775 0529;

soeknslapi­e.co.za

Die Williston B&B (Gotzstraat) het drie slaapkamer­s in die huis (een dubbel- en die ander twee enkelbedde­ns elk), sowel as drie selfsorg-buitekamer­s (een met ’n koningsgro­otte- en die ander met twee enkelbedde­ns elk). Koste Vanaf R200 p.p. wat deel. Ontbyt kos R80 p.p. Kontak 053 391 3069; 072 074 0919

Die Ark in Hodgsonstr­aat het verskeie gastekamer­s op die perseel wat ook die Naudé’s se woonhuis en restaurant, die Doppies-kroeg sowel as die Williston Mall-snuisteryw­inkel insluit. Dis ook waar die jaarlikse Williston-winterfees gehou word – van 30 Augustus tot 1 September is die joligheid sommer óp jou voorstoep, met musiek, ’n dans, ’n draadkar-grand prix en stalletjie­s. Koste Blyplek kos R380 p.p. (met ontbyt) en ’n feeskaartj­ie vir die naweek R300 p.p. (gratis vir kinders jonger as 18) Kontak 053 3913 659

Hawthorne Country House B&B in Theronstra­at is ’n gerestoure­erde dorpshuis met twee dubbelkame­rs en ’n gedeelde badkamer. Koste R180 p.p.p.n. (ontbyt ekstra) Kontak 053 391 3603; 082 342 4144 (Shirley Muzerie)

 ??  ?? DIE ARK EN WILLISTON MALL
DIE ARK EN WILLISTON MALL
 ??  ?? MANNA-RESTAURANT
MANNA-RESTAURANT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa