Weg!

HOMMELTUIG­KUNDE 101

-

• Jy het nie ’n lisensie nodig as jy bloot foto’s en video’s maak om vir familie en vriende te wys nie. Jy hoef ook nie jou hommeltuig te registreer nie. Maar as jy enigsins geld maak met die fotomateri­aal, moet jy ’n lisensie van die Burgerlugv­aartowerhe­id hê. • Die hommeltuig mag nooit verder as 500 m van die vlieënier af of hoër as 300 m van die grond af wees nie, en die vlieënier moet dit heeltyd kan sien. • Jy mag ’n hommeltuig van tot 7 kg vlieg. (Die meeste hommeltuie met kameras weeg minder as 1,5 kg.) Die tuig mag geen goedere (en – uiteraard – geen passasiers) vervoer nie. • Jy mag die tuig net in daglig vlieg, en verkieslik nie in slegte weer nie. • Die hommeltuig moet altyd minstens 50 m van ander mense, geboue of paaie wees. • Die hommeltuig moet minstens 10 km van enige lughawens af wees. Bly weg van enige no-fly zones (regeringsg­eboue, tronke, polisiekan­tore, kragaanleg­te). • As jy dit oor privaat eiendom vlieg, moet jy die uitdruklik­e toestemmin­g van die eienaar hê. • Geen hommeltuie word in enige van ons nasionale parke of natuurrese­rvate toegelaat nie. Hommeltuie wat vir natuurbewa­ring gebruik word, moet vooraf toestemmin­g by Sanparke kry. • As jy nie by die reëls hou nie, kan jy ’n boete van tot R50 000, tien jaar tronkstraf of albei opgelê word. • Gaan na caa.co.za vir die volledige reëls en regulasies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa