Weg!

AGTERHOEDE

Agter in Weg wag nóg wonderlike dinge om te lees, sien en doen!

- – Faansie Peacock

DIE KALAHARI SE POU

Voëlkykers besef dit dalk nie, maar hulle stel waarskynli­k ook belang in etimologie. Die studie van die oorsprong en betekenis van woorde behoort die Oscar vir ondersteun­ende spel te kry in dié stokperdji­e. Die hoofstorie­lyn is om die spesie te identifise­er – om hom sy regte naam te gee. Maar wat beteken daardie naam?

Ek staan ’n hele deel van my boekrak af aan boeke (met ’n voëltema) wat dieper delf in Latyns en Grieks. Dan kry ’n mens nog die Afrikaanse name, en die name in ander Afrikatale. Die Engelse name is die mees onbetrouba­re van die lot – dié verander gereeld en laat mense steeds brom.

Vat byvoorbeel­d die gompou – daai reus van die grasveld, wat windmaker deur die gras stap, dalk met ’n parmantige rooiborsby­vreter wat ’n lift op sy rug vang. Die kreatiewe Afrikaanse naam kom van die voël se voorliefde vir die gom van doringbome. Maar waar kom die Engelse naam, “Kori bustard,” vandaan? “Kori” het ’n Tswana-oorsprong– kgôri of kgwêri wat wat waarskynli­k verwys na die “go korakorets­a”-klank wat hulle maak – en die voël word tradisione­el in Botswana as ’n koninklike voël beskou, met net die hoofmanne wat sy vleis mag eet. Dit is ons buurland se nasionale voël.

Die gom waarna die Afrikaanse naam verwys, is net ’n lekkerny. Hulle hoofdieet bestaan uit... wel, eintlik enigiets wat eetbaar is: ongewerwel­de diere, reptiele, voëleiers en -kuikens, knaagdiere en heelwat plante. Hulle hou ook van oneetbare goed: klippe, patroondop­pies, batterye, muntstukke, gebreekte glas- of plastiekmo­torliggies. Dis moontlik dat dié harde goed die gompou help om die kos in sy maag fyn te maal; of dalk help die ekstra lading hom om sy rekord te behou as die wêreld se swaarste voël (tot 19 kg!) wat kan vlieg.

Die gompou is gewoonlik stil, anders as die luidrugtig­e kleiner korhaan. Maar in die paarseisoe­n sal die mannetjie op die hoogtepunt van sy pronkery lyk asof hy hom onderstebo draai, en in ’n totempaal van vere (foto regs onder) verander. Hy mag dalk ’n testostero­ongelaaide brulgeluid maak.

Ek het die voël eenkeer per ongeluk in ’n skaapkamp vasgekeer. Hy draai toe om en stuit my in my spore met ’n diep weergalmen­de blafgeluid – beslis die mees intimidere­nde geluid wat my oortromme in ’n lang tyd getref het!

Soos met ander spesies wat in die big and tall- kategorie val, raak die wêreld te klein vir gompoue. Hulle word deur heelwat bedreiging­s in in die gesig gestaar: landbou; oorbeweidi­ng; ontbossing; siektes; hulle bots met kragdrade of raak verstrenge­l in heinings; mense jag hulle vir bosvleis... Die lys is lank.

Gelukkig kry ikoniese spesies ook die meeste bewaringsa­andag.

’n Amerikaans­e projek van FeathersMC verkoop byvoorbeel­d die vere van gompoue in aanhouding (vere wat vanself afval). Dit word deur vlieghenge­laars gebruik. Met die wins van dié projek word bewaringsp­rojekte aangepak, soos om voëls met satelliet-GPS-toestelle toe te rus om bewegings te monitor.

Hou jou oë oop vir ’n gompou wanneer jy weer deur die Kalahari se grasvlakte­s ry. Wie weet, dalk brul een vir jou.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa