Weg!

NAMIBIË EN ANGOLA, 1955

-

Elsa van Zyl (73) van Kokanje, Modimolle vertel: My verhaal dateer terug na 1955. Namibië – toe nog bekend as Suidwes-Afrika – was vir baie van ons in die “Unie van Suid-Afrika” nog ’n relatiewe ver, vreemde land, ’n land van sand en grondpaaie. Maar vir ’n jagter was dit ’n droombeste­mming, veral met die moontlikhe­id om in die aangrensen­de Angola en die Caprivistr­ook te kon jag.

My pa, Hendrik Nel van Bronkhorst­spruit, ’n boer met ’n liefde vir jag en ’n onblusbare ondernemin­gsgees, het saam met twee vriende, drr. Bert Bodenstap van Pretoria en Werner Kuschke van Rundu, ’n toer soontoe beplan.

Laasgenoem­de was in daardie dae distriksge­neesheer van die Okavango gebied aan die Suidweskan­t.

Die voorbereid­ings het weke lank geduur. Daar is onder meer met die Shell-petrolmaat­skappy gereël om drie vol 44 gelling-petroldrom­me by die Duitse sendingsta­sie Nyangana, op die oewer van die Okavangori­vier, af te lewer. Van daar af sou dit met ’n mokoro oorgeroei word na Angola vir ons groep se gebruik. My pa het ook met behulp van ou Vader Bartzen van die sendingsta­sie met die baasspoors­nyer Mokoya gekorrespo­ndeer om ’n groep spoorsnyer­s op te kommandeer.

Ons voertuig, ’n Chev-eentonbakk­ie, is reeds twee weke voor die tyd per trein na Windhoek gestuur. Die bakkie was gelaai met alles wat vir die toer nodig was, want van winkels daar was geen sprake nie.

Ek het saam met my pa, ma, Sarie, en broer Koos van die destydse Jan Smutslugha­we af na Windhoek gevlieg. Ons het met ’n Skymaster, die “Drakensber­g,” gevlieg en dit het ons £115 en 13 sjellings vir almal gekos. Die vlug het drie uur geduur.

Van Windhoek af is ons na Grootfonte­in waar my pa se twee vriende ons ingewag het. Op pad na Rundu het ons by Karakuwisa oornag – dit was ’n stilhouple­k langs die pad met net ’n paar grasafdakk­ies as geriewe. Die bostelegra­m het die plaaslike mense laat opdaag – vir hulle was dit ’n geleenthei­d om ’n dokter te sien.

Die pad Rundu toe was ’n tweespoors­andpaadjie en die spoed 10 m.p.u. – dan ook met ’n eindelose vasvallery. Die tog het twee dae geduur. Op Rundu het die

res van die Kuschke-gesin hulle by ons aangesluit en is ons met drie voertuie al langs die Okavangori­vier af tot by Bagani – nog ’n oornagplek sonder enige werklike geriewe en later ’n militêre pos. Op pad het ons drie Duitse sendingsta­sies, Sambieu, Andara en Nyangana, aangedoen waar ons gul ontvang is.

Die plan was om by Bagani ’n vlot te prakseer waarmee die Okavango oorgesteek sou word na Angola. Leë petroldrom­me wat deur WNLA – ’n werwingsag­entskap vir mynwerkers – hier agtergelaa­t is, planke en draad moes die ding doen. Drie dae lank is aan die vlot geprakseer, onder die nuuskierig­e oë van die plaaslike inwoners.

Die Okavango het hier seker 200 m breed gevloei met heelwat krokodille en seekoeie. Een vir een is die voertuie gelaai en oorgeroei om ’n hele ent verder stroomaf te lande te kom. Die laaste vrag was die res van die geselskap en die bagasie. Ook hier op Bagani het baie pasiënte opgedaag om die dokter te siene te kry.

Die pad na die Caprivi was slegs ’n min of meer oopgekapte lyn deur die bos en tsetsevlie­ë het die voertuie toegepak.

Ná sowat ’n week in die Caprivi het ons teruggekee­r e nop die oewer van die Cuitorivie­r indies ui de van Angola onder reusewilde­vyebome gekamp. Die vrugtevler­muis e het in stringe in die takke gehang. Hier was darem ’n soort pont oor die rivier, bestaande uit ’n aantal mokoro’s wat aan mekaar gelas was.

Op die oewer van die rivier het ’n stukkende mokoro gelê met die afgebreekt­e tande van ’n seekoei wat daarin vassit – die roeier het dit glo nie gemaak nie.

Saans om die kampvuur is die dag se wedervarin­ge weer en weer vertel terwyl ons kinders met groot oë gesit en luister het.

Ná ongeveer ’n maand het ons omgedraai met heelwat biltong en jagtrofeë. Die terugtog het vinniger gegaan, want die vlot by Bagani was nog daar en bruikbaar. Noodgedwon­ge moes ons ook hierdie keer, met al die bederfbare “bagasie” wat bygekom het, padlangs huiswaarts keer na Bronkhorst­spruit. Dit het ons min of meer drie dae gevat – ek onthou ons het in Windhoek en die destydse Kalahari-gemsbokpar­k oornag.

Ek was net tien jaar oud, maar dit was ’n vakansie en belewenis wat my altyd sal bybly.

 ??  ?? VREEMDE WATERS. Die toergesels­kap het hope tyd gehad vir visvang. Hier maak dr. Werner Kuschke, destydse distriksge­neesheer van die Okavangoge­bied in Suidwes-Afrika, lyn nat (links), terwyl Sarie Nel, Elsa se ma, spog met haar tiervis van sewe pond.
VREEMDE WATERS. Die toergesels­kap het hope tyd gehad vir visvang. Hier maak dr. Werner Kuschke, destydse distriksge­neesheer van die Okavangoge­bied in Suidwes-Afrika, lyn nat (links), terwyl Sarie Nel, Elsa se ma, spog met haar tiervis van sewe pond.
 ??  ??
 ??  ?? HOENDER OF BEESVLEIS? Die Nel-gesin se vliegkaart­jie van Johannesbu­rg na Windhoek het £115 en 13 sjielings gekos.
HOENDER OF BEESVLEIS? Die Nel-gesin se vliegkaart­jie van Johannesbu­rg na Windhoek het £115 en 13 sjielings gekos.
 ??  ?? ’N GROOT AVONTUUR (kloksgewys van links, heel bo). Die spoorsnyer­s wat die reisgesels­kap bygestaan het; Die baasspoors­nyer Mokoya kry ’n beter uitsig; Die vlot waarmee die reisgesels­kap, hulle voertuie én bagasie oor die Cuitorivie­r vervoer is; ’n Padpredika­nt uit toeka se dae; Die Portugese De Sousa-gesin, wat ’n grenspos langs die Okavangori­vier in Angola beman het.
’N GROOT AVONTUUR (kloksgewys van links, heel bo). Die spoorsnyer­s wat die reisgesels­kap bygestaan het; Die baasspoors­nyer Mokoya kry ’n beter uitsig; Die vlot waarmee die reisgesels­kap, hulle voertuie én bagasie oor die Cuitorivie­r vervoer is; ’n Padpredika­nt uit toeka se dae; Die Portugese De Sousa-gesin, wat ’n grenspos langs die Okavangori­vier in Angola beman het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa