Weg!

LEEU VS. JAKKALS, KGALAGADI

-

Ek en my man, Francois, was in Januarie 2018 vir ’n langnaweek in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Ons het die aand voor hierdie insident by Mata Mata oornag en soos gewoonlik vroegoggen­d met hekoopmaak­tyd vertrek.

Tussen Dertiende en Veertiende boorgat het ons iets in die Auobrivier­loop gewaar. Ek kon my oë nie glo toe ek besef dit is ’n kameelperd wat daar in die verte lê nie! Ek het heimlik gehoop hy rus net – maar ook geweet ’n mens sien hulle selde plat lê. Soos ons nader gery het, het dit duidelik geword dat die kameelperd bokveld toe was.

Een leeumannet­jie was nog op die toneel ( 1 en 2 ) en ons het vermoed dat hy die kameelperd in die loop van die vroeë oggendure moet gevang het. Dit was die eerste keer in 13 jaar se besoeke aan die Kgalagadi dat ons ’n leeu met ’n kameelperd as vangs gesien het.

Daar was natuurlik ook – versigtige – rooijakkal­se op die toneel. Aanvanklik net twee, maar later het nog ’n paar van hulle opgedaag. Die mannetjie het toe net die maag begin ooptrek en nog nie veel verder gevreet nie. Hy was soms letterlik halflyf in die maag in soos hy gevreet het ( 3 ). Ons was net drie voertuie wat hierdie gesig aanskou het. Die leeu het ure lank by die karkas gelê – soms geëet en soms in die koelte gaan rus.

Dit is juis toe dat die jakkalse hulle kans waag, maar die leeu het dit nie geduld nie en hulle weggejaag ( 4 ).

Hy het die karkas na skaduwee probeer sleep ( 5 ), maar dit was te swaar. Meneer Leeu was glad nie beïndruk met die jakkalse nie: Hy was vasbeslote om nie sy vangs met hulle te deel nie. Die jakkalse het ná een jaagsessie egter die aftog geblaas.

Uiteindeli­k moes ons na ons volgende oornagplek ry en het die toneel net so agtergelaa­t: Met die kraagmanne­tjie wat in die koelte lê.

 ??  ?? 1
1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa