Weg!

PIERRE SE BRIEF

- REDAKTEUR PSteyn@media24.com

Daar is een ding wat ’n fundamente­le verskil maak aan my gemoed wanneer ek soggens by ons kantoor in die Kaapstadse middestad inloop: die koms van die potgooi, of podcasts soos die meeste mense daarna verwys.

Ek het gekies om 40 km buite die stad in ’n landelike rustigheid te woon. Salig. Maar die keersy is ’n pendeltog wat, as jy hom verkeerd time, jou bloeddruk en jou hartklop opjaag en jou lewe onnodig verkort. Ek hou nie van vloek nie, maar taxi is beslis ’n vierletter­woord!

Om in die oggend na die kletsradio­stasies te luister het nie juis gehelp nie. Politiek. Misdaad. Droogte. Resessie. Nuus van nog ’n verdomde minibus wat op die N2 ’n wiel verloor het en wat nou voor jou en duisende ander omgesukkel­de mense dwars in die pad staan. My brein het soos ’n gemufde murgpampoe­ntjie gevoel teen die tyd dat ek uiteindeli­k by die werk ingestromp­el het.

Podcasts het my lewe verander. Deesdae gee ek nie om vir die pendel nie. Dit gee my kans om te luister na interessan­te, opbouende dinge.

Ek het vanoggend byvoorbeel­d na episodes 21 en 22 van Weg Stories geluister waarin Jaco Kirsten sy rubriek Waar’s die “keffie”-hamburger voorlees en Toast Coetzer vertel oor sy eerste kar, ’n 1969-VW kewer genaamd die Blou Reier. Knus in my motor, met die stemme van ons skrywers wat my saam met hulle op reis neem, het die donker, die reën en die rit my geensins gepla nie.

Ek het by tye hardop gelag. In spitsverke­er! Jy kan jou eie Apple- of Android-podcast-app gebruik, of op ons webwerf of Facebook na Weg Stories gaan luister as jy dit nie reeds doen nie.

Smiddae luister ek na my geliefkoos­de geskiedskr­ywers. Dan Carlin se Hardcore History (sy reeks oor die Eerste Wêreldoorl­og bevat meer as 20 uur se luistergen­ot) en Malcolm Gladwell se Revisionis­t History is van my gunsteling­e. Gladwell gesels in een van sy episodes oor sy twaalf reëls vir ’n gelukkige lewe (hy kom tot die besef dat hy eintlik net een het), wat my laat dink het wat my eie twaalf reëls sou wees. Die eerste drie lyk dalk so: Koop die beste rooiwyn wat jy kan bekostig; maak tyd vir dinge en mense wat jou lewe verryk; klim in jou kar en ry – sommer Oos-Afrika toe!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa