Weg!

AGTER DIE SKERMS

Vir dié maand se Ses van die Bestes-artikel het Zigi Ekron ’n draai gery al langs die Suidkus van KwaZulu-Natal (bl. 110). Daar ontmoet hy onder andere township- surfers en ’n donkie wat Coke drink.

-

Dis 'n lang pad van die Kaap af na KwaZulu-Natal se Suidkus (sowat 1 500 km!), maar wie hou nie van 'n lang road trip nie? Ek't binneland langs deur die Karoo en Oos-Kaap gery. Dis ongeloofli­k om te sien hoe die landskap om jou stelselmat­ig verander. Die klipperige rantjies word mettertyd grasvelde en mielieland­e voordat die subtropies­e heldergroe­n oorneem. Geen langpadrei­s is volmaak sonder 'n burger en 'n koffie by 'n Wimpy nie, en die een op Kokstad het nogal beïndruk.

Ek is in die Kaap gebore en getoë. Seevakansi­es was dus nie juis 'n prioriteit nie. Ons het eerder na my oupa se plaas in die Oos-Kaapse Drakensber­g toe gegaan.

Wanneer ek dus nou na KwaZulu-Natal se Suidkus gaan, verstaan ek hoe mense van die binneland oor seevakansi­es voel. Oral waar jy gaan – binne of buite seisoentyd – voel dit soos vakansie: Straatverk­opers smous met aandenking­s, daar's padstalle met vrugte, en strande met warm water...

Trafalgars­trand naby Southbroom was een van my gunsteling­kolle. Ek't eendag 'n paar seuns van Bhokodisa in die Gcilima-township (foto) daar raakge-loop. Hulle stap 11 km met hulle branderpla­nke om te kom surf. Hulle draai alles wat jy oor surfers gedink het op sy kop. Hierdie is nie cool dudes met Oakley-donkerbril­le nie. Hulle behoort tot klubs soos die Trafalgar Saints en Wave of Hope, en voor hulle die branders invaar, maak hulle eers 'n kringetjie om te bid vir beskerming en dankie te sê vir die see.

En dan was daar die Pistols Saloon op Ramsgate. Dis 'n lekker kuierplek, maar wanneer Donkey – 'n donkie, ja – instap, raak dit dadelik nog joliger.

Dis plekke soos dié wat jou wys watter wonderlike land Suid-Afrika is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa