Weg!

TRAP DIE KRUGER PLAT MET JOU FIETS

Kom trap saam met Weg en Toerboer in die Krugerwild­tuin. Dié drie dae lange bergfietst­oer bied jou die unieke geleenthei­d om die wildtuin self te ervaar.

-

KOSTE R6 850 p.p. wat deel Die groep móét uit ses mense bestaan. Die toer word gelei deur ’n geregistre­erde gids. Daar is ’n voertuig vir bagasie.

DATUMS Bespreek vir enige naweek tussen Julie en Oktober 2018. Toere word oor die naweek aangebied, van Vrydag tot Sondag, byvoorbeel­d 3-5 Augustus 2018.

REISPLAN DAG 1: VRYDAG Ons ontmoet by die Bushveld Terrace Guesthouse & Hotel (200 m van die Phalaborwa­hek af). Ons doen ’n 30-40 km-rit in die rigting van Letaba Ranch en hou langs die pad stil vir ’n skemerkelk­ie.

Ons is betyds terug by Bushveld Terrace om reg te maak vir ’n heerlike aandete in die restaurant en ’n nag in die hotel. DAG 2 – SATERDAG Ons spring vroegoggen­d weg op die fietse saam met twee gewapende gidse. Van hier af trap ons ín die wildtuin – dis Groot Vyf-wêreld dié! Langs die 45 km-roete hou ons gereeld stil om spore te volg, voëls te kyk of meer oor die natuur te leer.

Ná ontbyt trap ons na ons eksklusiew­e kampplek vir die aand – op die oewer van die Letabarivi­er. Middagete word gemaak en jy kan die res van die middag langs die rivier ontspan. Drink later ’n skemerkelk­ie en sit dan aan langs die kampvuur vir ’n heerlike aandete.

DAG 3: SONDAG Ons word wakker met voëlgeluid­e, eet ’n groot ontbyt langs die Letabarivi­er en val dan in die pad op ons fietse. Ná ’n twee uur lange rit, kry ons die kosspan langs die Malopeniri­vier vir verversing­s.

Dan ry ons met ’n ander roete terug na die Phalaborwa-hek, waar ons moet groet. (Trapafstan­d op Dag 3: 40 km) INGESLUIT • Alle etes • Gemaklike verblyf in luukse

safaritent­e of en suite-kamers • Alle aktiwiteit­e • ’n Gekwalifis­eerde gids • Water vir jou waterbotte­l by

stoppunte • Parktariew­e • ’n Ondersteun­ingsvoertu­ig

vir bagasie en noodgevall­e

UITGESLUIT Drankies (kontantkro­eg beskikbaar), persoonlik­e uitgawes en versekerin­g, vervoer na en van die Bushveld Terrace Guesthouse & Hotel. Bring jou eie fiets (of huur een teen R250 p.p.p.d.)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa