Weg!

Roomkaasla­sagne

- Vir 6 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 40 minute 3

Lasagne kan ’n tydrowende besigheid word. Hierdie is egter ’n vinnige resep waarvoor jy nie eens ’n witsous hoef te maak nie.

Jy benodig

• 30 ml olie • 500 g beesmaalvl­eis •1 fles (400 g) Napolitana

tamatiepas­ta sous • 250 g gewone roomkaas • 250 ml suurroom • 250 ml parmesaan, gerasper • 375 ml mozzarella, gerasper • 6-9 lasagnevel­le, vooraf gekook

indien nodig

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 180 ºC. 2 Verhit die olie en braai die maalvleis tot bruin en gaar. Verwyder van die hitte en meng die bottel pastasous by.

Meng die roomkaas, suurroom, die helfte van die parmesaan en die helfte van die mozzarella goed saam.

4 Skep ’n bietjie van die maalvleis in ’n oondbak van omtrent 20 x 30 cm groot en versprei dit om die hele boom te bedek. Pak ’n laag lasagnevel­le bo-op.

5 Skep die helfte van die kaasmengse­l bo-oor, gevolg deur die helfte van die maalvleis en ’n tweede laag lasagnevel­le. Herhaal die lae totdat al die bestanddel­e opgebruik is.

6 Strooi die oorblywend­e gerasperde kaas bo-oor, bedek met foelie en bak vir sowat 15 minute. Verwyder die foelie en bak vir nog 5-10 minute oop sodat die kaas ’n mooi kleurtjie kry. Laat die lasagne vir sowat 10 minute staan voordat jy dit in porsies opsny en voorsit.

WENK

Die lasagne kan ook in ’n gesmeerde platboompo­tjie met kole op die deksel oor matige kole gebak word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa