Weg!

Steak-enkaasbroo­djies

- Vir 4 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Provolone is ’n uitstekend­e kaas om gesmelt te geniet. Dit het ’n rokerige smaak en maak op braaibrood­jies daai lekker lang kaasdrade wanneer jy ’n happie vat!

Jy benodig

• 350 g steak, in baie dun

repies gesny • 15 ml olyfolie • 30 ml worcesters­ous • 60 ml botter • 1 ui, in dun skyfies gesny • 1 groen soetrissie, in repies gesny • 125 g sampioene, in skyfies gesny • 4 panini-broodjies • mayonnaise om te smeer • 250 g provolone, in dun

skywe gesny

1 Geur die vleis met sout en peper. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n swaarboomp­an en skroei die vleisrepie­s in sarsies vir 1 minuut op ’n slag. Skep die vleis uit die pan, meng dit met die worcesters­ous en hou dit eenkant.

2 Smelt die botter in die pan en braai die ui tot sag. Voeg dan die soetrissie en sampioene by en braai verder tot gaar.

3 Sny die panini’s middeldeur, smeer elke halwe met mayonnaise en rangskik ’n paar skywe kaas daarop. Skep van die repies vleis bo-op, gevolg deur die gebraaide groente en nog ’n lagie kaas.

4 Verhit die oond se roosterele­ment. Rangskik die oop broodjies op ’n bakplaat en rooster dit vir ’n paar minute tot die kaas gesmelt het en effens bruin is. Sit dadelik voor.

WENK

In die kampterrei­n kan jy die broodjies bloot toevou en soos braaibrood­jies in ’n toeklaproo­ster braai totdat die kaas gesmelt het. Oorskietbr­aaivleis kan ook in plaas van die steakrepie­s gebruik word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa