Weg!

Cheddar-en-biersop

- Vir 4-6 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Dié sop is dik en baie ryk! Eet eers die sop en daarna die broodjie waarin jy dit bedien het.

Jy benodig

• 60 ml botter • 1 lang selderysti­ngel, fyngekap • 1 groot wortel, geskil

en fyngekap • 1 klein ui, geskil en fyngekap • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • 2 jalapeño-rissies, saadjies

verwyder en fyngekap • 60 ml meel • 250 ml bier, (ek het lager gebruik) • 250 ml hoenderaft­reksel • 1 lourierbla­ar • 7,5 ml komynsaadj­ies, liggies in ’n droë pan gerooster • 3 tiemietakk­ies • 125 ml room • 125 ml melk • 650 ml wit cheddar, gerasper • 2 groot, ronde brode (of gebruik

6 ronde rolletjies) • 4 grasuie, gekap • 6 repies spek, brosgebraa­i

Só maak jy

1 Smelt die botter in ’n groot pot en braai die seldery, wortel, ui, knoffel en rissie saam tot sag. Voeg die meel by en braai vir 2-3 minute totdat die meel effens verbruin.

2 Verwyder van die hitte en voeg die bier bietjies-bietjies by. Roer goed ná elke bietjie om te keer dat klonte vorm. Wanneer al die bier bygevoeg is, kan jy die pot terugsit op die hitte en die aftreksel, lourierbla­ar, komynsaadj­ies en tiemie byvoeg. Geur die sop dan met sout en peper na smaak en laat dit vir 10 minute prut.

3 Verwyder die lourierbla­ar en die tiemietakk­ies. Voeg die room en melk by en gebruik ’n staafmenge­r om die sop glad te pols.

4 Verhit die sop tot deurwarm, maar moenie dit laat kook nie. Roer die kaas deur die warm sop tot gesmelt.

Sny die bokant van die brood af en hol die binnekant uit, maar maak seker dat jy ’n dik genoeg wand laat sodat die sop nie sal deursyfer nie. Skink die sop in die uitgeholde brood en sit voor met gekapte grasuie en spekstukki­es. En daai klontjies brood is ’n perfekte grootte om in die sop te doop!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa